Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Malibongwe-padwoede: Beskuldigde vra ontslag

$
0
0
Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Die regsverteenwoordiger van die man wat daarvan beskuldig word dat hy Douglas Pearce (39) tydens ʼn beweerde padwoedevoorval doodgeskiet het, het versoek dat die saak teen sy kliënt laat vaar word.

Sabelo Dingiswayo, regsverteenwoordiger vir Meekahaefele Masooa, het ’n aansoek om ontslag ingevolge art. 174 van die Strafproseswet ingedien. Die aansoek is ingedien nadat die staat Woensdag sy saak afgesluit het in die hooggeregshof in Johannesburg, wat in die Randburg-landdroshof sit.

Dingiswayo het die geloofwaardigheid van die staat se getuies bevraagteken. Regter Brian Spilg het gesê die toets is of die bewyse voor die hof ʼn redelike persoon sal dwing om die beskuldigde skuldig te bevind. Spilg het die aansoek van die hand gewys en gesê daar is ʼn geldige saak teen Masooa.

Maj. Chris Mangena, ʼn forensiese kenner wat namens die staat getuig het, het tydens sy getuienis gesê Pearce se baadjie het twee koeëlgate ingehad. Pearce is in die linkerarm en lae rug geskiet.

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens 'n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Meekahefele Mosooa waai vir fotograwe buite die hof tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Mangena het getuig dit was moontlik dat Pearce homself in die rug geskiet het. Spilg het dit egter bevraagteken en gesê die hof het die moontlikheid dat Pearce homself gewond het, uitgesluit. “Die enigste ander persoon op die toneel wat ʼn vuurwapen gehad het, was die beskuldigde.”

‘n Ooggetuie het vroeër getuig Masooa het Pearce aan sy kraag gegryp en hom in die rug geskiet. Staatsaanklaer, Arveena Persad, het gesê dit strook met Mangena se getuienis dat die wond “kenmerkend is van nabye kontak”.

Masooa, ʼn prokureur van Centurion, word aangekla van die moord op Pearce, wat op 14 Februarie 2014 tydens spitsverkeer doodgeskiet is.

Die verhoor duur voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!