Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

UWK skep ‘gevaarlike presedent’ met kniebuiging

$
0
0
Betogings by die Universiteit van Wes-Kaapland Foto: Twitter

Betogings by die Universiteit van Wes-Kaapland Foto: Twitter

Die Vryheidsfront Plus het Maandag die besluit van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), om die eksamens vir 2015 te kanselleer, skerp veroordeel.

“Dit is ʼn kwade dag as geweld op tersiêre instellings begin dikteer en as ʼn suksesvolle onderhandelingsmiddel bevestig word,” het dr. Pieter Mulder, leier van die party, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ongelukkig die boodskap wat uitgestuur word met die UWK se besluit om eksamens te kanselleer en studente, buiten dié in hul finale jaar, bloot op grond van ʼn jaarpunt te beoordeel.”

Die VF Plus glo daar kon alternatiewe reëlings getref word om die eksamens te laat voortgaan. “Die owerhede kan tog nie magteloos staan voor ʼn klein groepie geweldenaars wat hulle wil op hierdie wyse op die meerderheid studente en dosente afdwing nie. Wat hier gebeur het, durf nie weer toegelaat te word nie,” het hy bygevoeg.

Nadat die eksamens, wat verlede week sou begin uitgestel is tot in vroeg Desember, het die UWK teen die afgelope naweek finaal toegegee aan die druk van stakende studente en ʼn skrywe is Saterdag aan studente gerig waarin gesê is die eksamens is gekanselleer.

Die skrywe lui onder meer dat die besluit geneem is omdat die klein klompie stakende studente dit op verskeie platforms duidelik gemaak het hulle sal niemand toelaat om eksamen te skryf nie. Die besluit is blykbaar geneem in die belang van die veiligheid van alle betrokkenes.

Mulder het bygevoeg indien daar voortgegaan sou word met die soort van toegewings, kan dit die geloofwaardigheid van die betrokke instellings se kwalifikasies ernstig in die gedrang bring.

“Dit is betreurenswaardig dat akademiese uitnemendheid die slagoffer geword het van anargie en intimidasie,” het hy verduidelik. “Dit stuur ook ʼn verkeerde en gevaarlike sein aan ander akademiese instellings in Suid-Afrika naamlik dat ʼn klein groepie oproermakers hul wil op die meerderheid kan afdwing. Wat dalk nou ʼn oorwinning vir ʼn klein groepie studente by een universiteit is, vestig ʼn patroon van optrede wat in die toekoms die hele Suid-Afrika kan benadeel as dit op alle vlakke so herhaal word.”

Lees alles oor die Universiteit van Wes-Kaapland op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!