
Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema
ʼn Regstellendeaksie-hofsaak wat moontlik die toepassing van regstellende aksie ten opsigte van minderheidsgroepe in Suid-Afrika vir altyd kan verander, word Woensdag in die hof aangehoor.
Solidariteit daag die departement van korrektiewe dienste (DKD) oor sy toepassing van regstellende aksie in die konstitusionele hof.
Dit volg nadat die arbeidsappèlhof op 10 April vanjaar in Solidariteit se guns beslis het deur te bepaal dat die departement nie slegs die nasionale rassedemografie by die aanstelling en bevordering van werknemers in ag mag neem nie. Solidariteit het die DKD in 2013 namens tien werknemers hof toe geneem omdat die DKD slegs die nasionale rassedemografie as kriterium vir aanstellings wou gebruik.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, advokaat Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, en regter Chris Greenland neem intussen Dinsdag aan ʼn hoëvlakpaneelbespreking oor die hofsaak deel.