Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Parys-terreuraanvalle: Zuma waarsku om nie vlugtelingkrisis met aanvalle te verbind nie

$
0
0
Pres. Jacob Zuma saam met Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, by die G20-beraad. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Pres. Jacob Zuma saam met Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, by die G20-beraad. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Pres. Jacob Zuma het Sondag by die G20-beraad in Turkye Vrydagaand se “sinnelose” terreuraanvalle in Parys in Frankryk veroordeel, maar ook daarteen gewaarsku om nie aanvalle met die vlugtelingkrisis in Europa te verbind nie.

Pres. Zuma het die beraad aangespreek en gesê die aanvalle beteken nie dat elke vlugteling ʼn terroris is nie.

“Vlugtelinge stroom na Europa op soek na vrede en ʼn beter lewe en moenie gebrandmerk en verstoot word weens hierdie aanval nie,” het hy gewaarsku.

“Dit is van kritieke belang om die kernoorsake van terrorisme aan te spreek om volhoubare oplossings te vind. In dié verband is ʼn gesamentlike globale aksie teen alle vorme van terrorisme noodsaaklik wat onder die vaandel van die Verenigde Nasies gedoen moet word.”

Intussen berig internasionale media dat minstens drie van Vrydagaand se aanvallers Europa as vlugtelinge met vervalste paspoorte binnegekom het en vlugtelingstatus in Frankryk ontvang het.

Die Franse polisie het ook op talle AK47-aanvalsgewere afgekom wat in ʼn geparkeerde motor in Montreuil gevind is. Hulle vermoed die gewere is in die aanvalle gebruik.

Spesiale kerkdienste is Sondag by die Notre Dame-katedraal in Parys en oor die hele Frankryk gehou ter ere van die 129 mense wat tot dusver dood is. Meer as 350 mense is in die aanvalle beseer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle by ses plekke in Parys het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jong mense wat by ʼn konsert was en mense by kuierplekke en restaurante geteiken.

Militante van die Islamitiese Staat (IS) het in ʼn aanlyn verklaring verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Minstens sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet. Owerhede ondersoek die moontlikheid dat daar nog verdagtes op vrye voet is en hulle is op soek na moontlike medepligtiges. Tot dusver is ses mense in België in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Francois Hollande, die Franse president, het ʼn noodtoestand afgekondig te midde van die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf word. Hy het ook die land se grense gesluit en gesê die land gaan amptelik vir drie dae rou.

Hollande het die aanvalle as ʼn oorlogsdaad bestempel en ook die IS daarvoor blameer. Hy het belowe dat Frankryk sterk sal staan teen sy vyande.

Lees meer oor die Parys-aanvalle op Maroela Media

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!