
Paramedici op die toneel. Foto: ER24
Drie mans is Saterdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die N1-snelweg naby die Plattekloofbrug in Kaapstad.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die mans het in ʼn bakkie gery wat ʼn sleepwa met ’n motor daarop getrek het.
“Die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor wat veroorsaak het dat die sleepwa van kant tot kant begin swaai het. Dit het daartoe gelei dat die bakkie en sleepwa omgeslaan en aan die kant van die snelweg tot stilstand gekom het,” het Rossouw gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel was twee mans, albei passasiers, reeds dood. “Die bestuurder was in ʼn kritieke toestand. Hy is na die Tygerberg-hospitaal gehaas vir behandeling, maar met sy aankoms daar het sy toestand verswak en hy is dood verklaar.”

Paramedici op die toneel. Foto: ER24