Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Taalbeleid by US: ‘Wysiging lei tot vertrouensbreuk met Afrikaanse gemeenskap’

$
0
0
Flip-Buys-2015-September

Flip Buys die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: Reint Dykema.

Die Solidariteit Beweging het Vrydag sy skok uitgespreek oor die skielike en “eensydige” wysiging van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid. Hiervolgens sal die primêre taal van administrasie en kommunikasie by die universiteit vanaf 2016 Engels wees, met Afrikaans en isiXhosa as bykomende tale.

Die Beweging het voorts ʼn beroep op die universiteitsraad gedoen om onmiddellik die bogenoemde beleidsveranderings om te keer.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, meen die bogenoemde wysiging aan die US se taalbeleid is ʼn groot terugslag vir Afrikaans, en vir die toegang van Afrikaanssprekendes tot die universiteit.

“Ons ervaring by ander universiteite wat dieselfde praktyk volg, is dat sodra ʼn taalgemeenskap se taal uitgefaseer word, die bepaalde groep ook uiteindelik uitgefaseer word. Die persentasie Afrikaanse studente by kolleges en technikons waar Afrikaans as onderrigtaal uitgefaseer is, het byvoorbeeld van 70% tot 10% afgeneem,” het Buys gewaarsku.

Buys het gesê hoewel privaat universiteite die langtermynoplossing hiervoor is, gaan dit minstens nog ’n dekade neem om Afrikaanse privaat universiteite, wat alle studierigtings aanbied, te ontwikkel.

“Ons beplan, gegewe die jongste verwikkelings by universiteite, om die ontwikkeling van Akademia drasties te versnel. Afrikaanse universiteitsonderrig by openbare universiteite bly egter Afrikaanssprekendes se grondwetlike reg en mag nie van ons af weggeneem word nie. Afrikaanse mense moes bloed sweet en baie opofferings maak om universiteite te bou en te ontwikkel. Universiteite mag nie weggee wat nie hulle s’n is nie – naamlik Afrikaans,” het hy bygevoeg.

Lees meer oor: Open StellenboschUniversiteit Stellenbosch


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!