Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Drie in hof vir moord op polisieman

$
0
0
Ao. Thomas Mabada. Foto: Verskaf

Ao. Thomas Mabada. Foto: Verskaf

Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die moord op ao. Thomas Mabada (52) van Siloam naby Louis Trichardt in Limpopo, het Vrydag in die Vuwani-landdroshof verskyn.

Mabada is op 2 November koelbloedig doodgeskiet toe hy gewapende rowers agternagesit het.

Volgens lt.kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, is die verdagtes Hlungwane Thilvhileli Vincent (23), Mnisi Norman (33) en Ratshili Livhuwani Joshua (32).

“Die saak is tot 14 Januarie uitgestel wanneer hulle na verwagting aansoek sal doen om borgtog,” het Ledwaba gesê.

Maroela Media het vroeër berig die trio is op 4 November in hegtenis geneem deur ʼn span speurders en lede van die misdaadintelligensie-eenheid wat ʼn vlaag sakerooftogte in die Mogwadi-omgewing ondersoek het.

“Die beamptes het inligting opgevolg en die verdagtes Woensdagaand in Thohoyandou opgespoor,” het kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, destyds gesê. “Die verdagtes het probeer vlug, maar is opgespoor en in hegtenis geneem.”

Otto het gesê die verdagtes word verbind met verskeie sake van huisroof, sakeroof en kapings in die groter Thohoyandou-omgewing. “Verdere deeglike ondersoek deur die span speurders het daartoe gelei dat die verdagtes met die moord op ao. Mabada verbind word.”

Mabada was by die Siloam-polisiestasie gevestig. Hy was op patrollie saam met ʼn kollega op die pad tussen Siloam en Thohoyandou waar talle voorvalle van gewapende roof by sakeondernemings die afgelope tyd plaasgevind het.

“Hulle het inligting ontvang oor ʼn verdagte voertuig in die omgewing en dit gevolg nadat hulle dit opgemerk het, ” het Otto gesê. “Die voertuig het afgedraai op ʼn grondpad en toe die polisiemotor agternakom, is skote afgevuur. Die adjudant-offisier is raakgeskiet en is op die toneel dood.”

Altesaam vier polisiebeamptes is vanjaar reeds in Limpopo vermoor. Anders as Mabada was die ander drie beamptes nie aan diens nie toe hulle vermoor is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!