Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ooggetuie se weergawe betwyfel in Malibongwe-padwoedesaak

$
0
0
Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Die getuienis van ʼn man wat beweer hy het gesien hoe ʼn motoris ʼn motorfietsryer in Februarie verlede jaar tydens ʼn oënskynlike padwoedevoorval op Malibongwerylaan doodskiet, is Donderdag in die hof in twyfel getrek.

Regter Brian Spilg het tydens die moordverhoor van Meekahaefele Masooa gesê die getuie, slegs bekend as mnr. Pandy, was te ver weg om van sy kantoor af te kon sien hoe die beskuldigde die oorledene in die rug skiet, soos hy getuig het.

Masooa, ʼn prokureur van Centurion, se verhoor is tans in die Johannesburg-landdroshof onderweg nadat hy aangekla is van die moord op Douglas Pearce (39) wat op 14 Februarie 2014 tydens spitsverkeer doodgeskiet is. Masooa, wat Donderdag ontspanne voorgekom het waar hy in die hof met ʼn hofbeampte geskerts het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree nadat Pearce hom met ʼn handgebaar gevloek en met ʼn vuurwapen gedreig het.

Die hof het die toneel herskep wat daardie dag in Northriding afgespeel het toe Masooa se motor en Pearce se motorfiets langs die pad stilgehou het. Spilg het gesê Pandy, ʼn ooggetuie wat vroeër getuig het, kon nie gesien het wat hy beweer hy gesien het nie omdat hy te ver weg was. Spilg het gesê die uitsig van Pandy se kantoor sou nie toelaat dat hy kon sien of dit ʼn selfoon of ʼn vuurwapen in Pearce se hand was nie.

Ná die verrigtinge het Masooa buite die hof gesê hy is gelukkig met die ondersoek van die toneel omdat dit met die verdediging se beskouing saamstem dat Pandy nie duidelik kon gesien het wat gebeur het nie.

Konst. Makhos’onke Sithole het vroeër getuig dat hy die foto’s op die toneel geneem het die dag van die skietery. Hy het gesê nadat hy deur die toneel gestap het, het hy foto’s geneem en toe ʼn kruitneerslagtoets op die oorledene gedoen.

Sabelo Dingiswayo, Masooa se regsverteenwoordiger, het aan Sithole gesê hy is onseker van die volgorde van sy aksies die dag en het gesê Sithole het die buskruitoorskottoets gedoen tussendeur die foto’s wat hy geneem het.

Die verhoor sal volgende week hervat.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!