Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Jasmin se moordenaar sit lank

$
0
0
Sarel du Toit Vrydag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius/eNuus

Sarel du Toit Vrydag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius/eNuus

Die vierjarige Jasmin Lee Pretorius se moordenaar en verkragter, haar oom, Sarel du Toit (25), is Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.

Volgens eNuus het regter Mahomed Ismail Du Toit tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklagte van moord en verkragting. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Ismail het tydens vonnisoplegging gesê Du Toit se aksies het ʼn rimpeleffek op talle mense se lewens gehad. Hy het gesê Du Toit se aksies was boos en dat hy ʼn onskuldige kind aan erge pyn onderwerp het.

Jasmin Lee Pretorius

Jasmin Lee Pretorius

Du Toit het vroeër die week erken dat hy Jasmin op 28 Desember 2013 in ’n woonstel in Brakpan verkrag en vermoor het. Jasmin se liggaam is later onder ʼn bed in haar pa se huis aangetref nadat sy as vermis aangemeld is. Du Toit is kort daarna vir die moord in hegtenis geneem.

Jasmin se ma het intussen ʼn ope brief oor haar dogter op sosiale media gedeel. Klik hier om meer te lees.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jasmin Lee Pretorius op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!