Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê SAID-kantore oor die hele land sal op 14 en 21 November van 08:00 tot 13:00 oop wees. “Die doel is om belastingbetalers met hul belastingopgawes te help en daarom sal slegs kwessies wat met belastingopgawes te doen het in hierdie tyd hanteer word,” het Memela gesê.
Hy het gesê ongeveer 24 000 belastingbetalers dien tans elke dag hul opgawes in, maar daar word verwag dat hierdie getal sal vermeerder in aanloop tot die sperdatum van 27 November vir die indiening van belastingopgawes. Meer as 3,56 miljoen belastingbetalers het tot dusver hul opgawes ingedien.
Memela het ʼn beroep op belastingbetalers gedoen wat nog nie hul opgawes ingedien het nie om dit so gou moontlik af te handel. Vir ʼn volledige lys van SAID-takke kan belastingbetalers die webwerf besoek of die SAID-kontaksentrum by 0800 007 277 bel.