The Herald berig Panayiotou is bereid om ʼn elektroniese moniteringstelsel, soos ’n enkelband, te dra as hy op borgtog vrygelaat word. Panayiotou het reeds twee aansoeke gebring om op borgtog vrygelaat te word en albei is van die hand gewys.
Sy regsverteenwoordigers wil nou weer probeer om hom op borgtog vrygelaat te kry voor sy volgende hofverskyning volgende maand. Die nuwe aansoek sal moontlik fokus op ʼn onlangse uitspraak in die Bloemfontein-streekshof waar ʼn bedrogbeskuldigde op borgtog vrygelaat is, maar ʼn elektroniese opsporingsband moet dra.
Panayiotou se regsverteenwoordigers het intussen die Port Elizabeth-landdroshof versoek om die staat te beveel om afskrifte van die dossier aan hulle te oorhandig sodat hulle vir die nuutste borgtogaansoek kan voorberei.
Klik hier om alle vorige berigte oor die Panayiotou-saak op Maroela Media te lees.