Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vervoerdepartement bestee glo miljoene aan geskorste werkers

$
0
0

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Die departement van vervoer en sy onderskeie entiteite het glo oor die afgelope drie jaar nagenoeg R24 miljoen bestee aan salarisse vir geskorste werknemers.

“Die bedrag is waarskynlik aansienlik hoër, aangesien die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nie hierby ingesluit is nie,” het Manny de Freitas, DA-LP, gesê. Die inligting is verkry in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA.

“Die DA sal aan Dipuo Peters, minister van vervoer, skryf om haar te dwing om die inligting oor Prasa ook bekend te maak,” het De Freitas gesê.

Volgens die inligting wat bekend gemaak is, het die departement van vervoer nagenoeg R2 miljoen aan salarisse vir geskorste werknemers betaal. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het glo nagenoeg R3,5 miljoen betaal, die Burgerlugvaartowerheid R832 000, die Padongelukkefonds (POF) R7,9 miljoen, die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) R113 000, Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) R262 000, die Oorgrenspadvervoeragentskap R3,6 miljoen, die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) R145 000, die Lugverkeernavigasiemaatskappy (ATNS) R5 miljoen en die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) R560 000.

Die departement van vervoer het 12 entiteite wat aan hom rapporteer, waarvan nege salarisse aan geskorste werknemers betaal. Volgens De Freitas het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die Hawereguleerder van Suid-Afrika geen skorsings oor die afgelope drie finansiële jare aangemeld nie.

“Prasa is egter opvallend in sy afwesigheid en geen inligting is verskaf oor hoeveel werknemers in die laaste drie jaar met volle betaling geskors is nie. Dit is moontlik ʼn hoë getal en die minister is moontlik huiwerig om bekend te maak hoeveel hieraan bestee word,” het De Freitas gesê.

“Dit is welbekend dat Prasa in wanorde is. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het vroeër vanjaar bevind dat tenderkontrakte van R355 miljoen onbehoorlik toegeken is. Gegewe Prasa se geskiedenis, is dit baie belangrik dat ons inligting kry oor hoeveel aan geskorste werknemers bestee word.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!