
Argieffoto: Reint Dykema
“Volgens koerantberigte is hulle ook nie van plan om boere enigsins te help nie. Om suksesvol te boer het ‘n landbouer basiese stowwe soos kunsmis, saad, trekkers en diesel nodig, om net ‘n paar te noem.”
Mulder het verder na die prysstygings van verskeie landbouprodukte verwys. “Oor die laaste paar jaar het kunsmis (ureum) se prys met 92% gestyg, saadpryse met 88%, trekkerpryse (70kw-80kw) met 105% en diesel met 86%. In dieselfde tyd het die mielieprys met slegs 28% gestyg. ‘n Eenvoudige wins en verlies-som toon aan waarom soveel landbouers bankrot gaan of net ophou boer.”
Volgens Mulder is 46 plase in die Bothaville-distrik, wat binne die mieliedriehoek val, tans te koop. “Dit gee ‘n indruk van die erns van dié krisis. By hierdie finansiële krisis moet die huidige droogtetoestande gevoeg word. In die meeste provinsies is dit vir die tweede jaar uiters droog. KwaZulu-Natal is reeds tot rampgebied verklaar en provinsies soos Limpopo, Noordwes, Vrystaat en die Noord-Kaap is ook op pad daarheen.”
Mulder het gesê indien die regering nie betyds optree nie, kan hongersnood en abnormale hoë kospryse Suid-Afrika se voorland wees. “Ongeag al hierdie feite gaan die regering voort om met onverantwoordelike uitsprake die landbouers die sondebok te probeer maak vir talle probleme wat deur die ANC geskep is. Gaan doen ‘n studie van rewolusies in ander lande en kyk hoe dikwels was daar ‘n regstreekse korrelasie tussen hongersnood en opstande.”
Senzeni Zokwana, minister van landbou, het in reaksie daarop gesê die regering gaan in gesprek tree met die landbousektor en beoog om wel droogtehulp te verskaf. Dr. Mulder het gesê hy is skepties daaroor in die lig van vorige ervaring met die ANC-regering en die vraag is hoeveel van hierdie beloftes wel op grondvlak by die landbouers gaan uitkom.