Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Marikana-families eis vergoeding van minister

$
0
0

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die families van die 37 mynwerkers wat in Augustus 2012 by Marikana doodgeskiet is, het siviele eise teen die minister van polisie by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Die families word deur die Instituut vir Sosio-ekonomiese Regte (Seri)‚ die Regshulpbronsentrum (LRC) en Wits se regskliniek verteenwoordig. Die drie instansies het Dinsdag ʼn verklaring uitgereik waarin hulle sê die mynwerkers wat deur die polisie doodgeskiet is, was hoofsaaklik die enigste broodwinners in hul families.

“Hulle moes groot, uitgebreide families met hul karige inkomste onderhou. Altesaam 326 afhanklikes het op die oorledenes se inkomste staatgemaak. Hulle families wat in Noordwes, Gauteng en die Oos-Kaap woon, asook in Lesotho en Swaziland, leef in onuithoudbare armoedige omstandighede. Ten spyte van welwillendheidsondersteuning van liefdadigheidsorganisasies en kerke, bly hulle steeds armlastig sedert [die mynwerkers] se dood.”

Die families eis vergoeding vir die finansiële verlies wat hul gely het nadat hul familielede doodgeskiet is, asook die emosionele skok wat die dood van hul mans, pa’s, broers en versorgers veroorsaak het. Hulle eis ook vir mediese uitgawes vir sielkundige en psigiatriese behandeling en die verlies van hul familielewens en ouerlike sorg.

“Die families eis ook dat die minister van polisie amptelik verskoning vra vir die verlies van hul geliefdes. ʼn Verskoning sal die nodige afsluiting aan die families gee wat voel dat die Suid-Afrikaanse regering hulle versaak het.”

Kathleen Hardy, Seri-prokureur vir die families, het gesê ʼn siviele eis behoort eintlik nie nodig te wees nie, aangesien die media en beeldmateriaal dit duidelik gemaak het dat die polisie verantwoordelik is vir die sterftes daardie dag. “Ons hoop dat die minister die behoefte vir dringende vergoeding aan die families ná hierdie mans se dood sal insien.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!