Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste DA-lid: ‘Die ergste is dat sy nie huis toe kom nie’

$
0
0
Petro Nel. Foto: Facebook

Petro Nel. Foto: Facebook

Die familie van Petro Nel (58), die adjunkleier van die DA in Noordwes, wat op 8 Oktober in Nepal vermis geraak het, het gister van haar afskeid geneem.

Nel se twee seuns, Johnny en Juan, en haar man, JC, het Maandag by ʼn tempel in Pokhara, Nepal, afskeid geneem. “Sy het na Nepal gekom om haar droom uit te leef en sy sal in haar droomplek agterbly,” het Johnny op sy Facebook-blad gesê. “Waar ook al sy nou is, sy sal elke dag aan ons sy wees. Dit was ʼn moeilike 27 dae vir ons drie wat nie geweet het of sy gekry sal word of nie. Die ergste is dat sy nie huis toe kom nie.”

Petro het vermis geraak toe die ligte vliegtuig waarin sy ʼn passasier was oor ʼn bergagtige gedeelte in Nepal verdwyn het. Sy en ʼn Russiese vlieënier was die enigste insittendes in die vliegtuig toe dit vermis geraak het. Sy was glo met vakansie in Nepal.

ʼn Uitgebreide lug- en grondsoektog is van stapel gestuur en daar is weke lank na tekens van die vliegtuig gesoek. Daar is egter nooit enigiets gevind nie.

Chris Hattingh, voormalige DA-leier in Noordwes, het aan Maroela Media gesê Petro se gesin sal Dinsdagaand na Suid-Afrika terugkeer. “Ons sal ʼn ‘viering van Petro se lewe’-geleentheid reël sodra JC en die seuns gereed is daarvoor,” het hy gesê.

Een van die foto's van Phokara wat Petro se seun, Johnny, op Facebook gelaai het nadat hulle haar gegroet het. Foto: Facebook Een van die foto's van Phokara wat Petro se seun, Johnny, op Facebook gelaai het nadat hulle haar gegroet het. Foto: Facebook Een van die foto's van Phokara wat Petro se seun, Johnny, op Facebook gelaai het nadat hulle haar gegroet het. Foto: Facebook

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!