
Foto: ER24
Altesaam 33 mense is Dinsdagoggend beseer nadat ʼn bus in ʼn sloot langs die N8 in Sannaspos, sowat 30 km buite Bloemfontein, beland het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê daar word vermoed dat die busbestuurder beheer oor die voertuig verloor het nadat ʼn band gebars het. Die bus het die pad verlaat en in ʼn sloot in die veld tot stilstand gekom.
“Paramedici van verskeie nooddienste het reageer. Die mense het geringe tot matige beserings opgedoen. ʼn Gebied is ingeruim waar paramedici die beseerdes ondersoek en behandel het, waarna van hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling en waarneming,” het Meiring gesê.
Beamptes is op die toneel om die ongeluk te ondersoek.