Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Zuma moet slagoffers van plaasaanvalle óók toespreek’

$
0
0
Pres. Jacob Zuma Sondag in die Krugerwildtuin op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Sondag in die Krugerwildtuin op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery. Foto: GCIS

AfriForum het ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om in gesprek te tree met slagoffers van plaasaanvalle.

“Dit lyk vir ons of die regering geen begrip het van die pyn, lyding en emosionele trauma wat hierdie slagoffers deurgaan nie. Dit lyk ook nie of die regering ernstig is oor werkskepping en voedselsekerheid nie, aangesien boere, wat werkskeppers én voedselprodusente is, in buitengewoon hoë getalle vermoor word, maar nie juis enige reaksie vanaf die regering kry nie,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die feit dat Zuma klaarblyklik maklik tyd in sy dagboek kan inruim om aktief deel te neem aan ʼn bewusmakingsveldtog teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin en omliggende gebiede, maar ten spyte van verskeie wekroepe deur die publiek, nie bereid is om die slagoffers van plaasaanvalle toe te spreek nie. Zuma het Sondag op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery ʼn toespraak in die Skukuza-sokkerstadion aan nagenoeg 5 000 inwoners van Nkomazi en Bosbokrand gelewer.

Roets het gesê dat AfriForum verheug is dat die regering ingryp om renosterstropery hok te slaan en dat die president tyd inruim om by hierdie stryd betrokke te raak. “Daar is egter geen logiese rede waarom die regering plaasmoorde kan ignoreer terwyl spesiale maatreëls getref word om renosterstropery as prioriteit uit te lig nie.”

AfriForum het November 2015 as ʼn nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!