Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rhodespark-aanval: Man in hof

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is, het Maandag in die hof verskyn.

Twee mans is vermoor en ʼn vrou is verkrag in die voorval.

Die saak teen Thabo Nkala (24) is tot 9 November uitgestel vir verdere ondersoek. Nkala was tydens sy verskyning in ʼn rooi sweetpaktop en rooi broek geklee. Hy word van moord, poging tot moord en verkragting aangekla.

Die polisie soek intussen na die ander 11 verdagtes wat glo by die aanval betrokke was.

Die grusame aanval het wyd opslae gemaak met talle Kensington-inwoners wat dringende aksie van die polisie geëis het.

Die vier mense is net voor 19:00 deur 12 mans oorval toe hulle in die park gestap het. Die twee mans is deur die aanvallers vasgebind en in die dam gegooi. Polisieduikers het later hul liggame uit die water gehaal. Een vrou is deur ʼn aanvaller verkrag, terwyl die ander vrou daarin kon slaag om te vlug.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621