
Higuera tydens sy hofverskyning. Foto: ANA
Chumani (23) is Saterdag in Bezuidenhoutvallei in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
Carlos Higuera (24), Chumani se vermeende moordenaar, het ʼn kopwond gehad en moeilik gepraat toe hy in die beskuldigdebank van die Johannesburg-landdroshof gestaan het. Hy het ook aan die hof gesê hy het liggaamspyne.
Landdros Albertus Roux het Higuera gevra of hy beseer is toe hy in polisieaanhouding was. Roux het beveel dat Higuera by ʼn gevangenis se mediese fasiliteit ondersoek word.
Higuera het gebewe waar hy in ʼn uitgewaste groen trui in die hof verskyn het. Hy het aan die hof gesê hy en Chumani was vriende. Die besonderhede wat tot Chumani se dood gelei het, is egter nie bekendgemaak nie.
Bornwise Tshabalala, Higuera se regsverteenwoordiger, het later aan die media gesê sy kliënt sal om borgtog aansoek doen wanneer hy Woensdag weer in die hof verskyn. “Ek kan nie besonderhede gee van wat die nag van Chumani se dood gebeur het nie, maar dit blyk dat hulle mekaar geken het,” het hy gesê.