Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA ervaar ernstige waterkrisis, sê minister

$
0
0

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het Donderdag gesê Suid-Afrika word deur ʼn ernstige waterkrisis in die gesig gestaar en dat uitgebreide waterbeperkings moontlik ingestel moet word.

Mokonyane het gesê die erge droogte waaronder die land gebuk gaan affekteer ongeveer 2,7 miljoen huishoudings – sowat 18% van die bevolking. Altesaam 6 500 plattelandse gemeenskappe, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes, ervaar ʼn ernstige watertekort. KwaZulu-Natal ervaar tans die ergste droogte nóg.

Volgens Mokonyane is Gauteng se watersekuriteit nog nie in gedrang nie, maar die waterbeperkings oor die grootste gedeelte van die provinsie sal waarskynlik voortduur.

Sy het aanbeveel dat Johannesburg, die land se finansiële kern, dieselfde waterbeperkings instel as wat in die hoofstad, Pretoria, ingestel is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621