
Argieffoto
Volgens berigte het die vliegtuig Saterdagoggend van die Rooisee-dorpie Sharm al-Sheikh opgestyg. “Minute nadat die vliegtuig opgestyg het, is kontak verloor. Die vliegtuig was op pad na ʼn lughawe in Rusland,” het ʼn lugvaartbeampte gesê.
Volgens die beampte is al die passasiers aan boord Russiese vakansiegangers. Hy het gesê reddingsdienste is na die toneel ontbied waar kontak met die vliegtuig verloor is. “Ons probeer nog bepaal hoekom kontak met die vliegtuig verloor is.”