
Argieffoto
Twee mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis vir die moord op agt mense.
Thulani Donatus Mncwabe en Sibonelo Eric Mncwabe, is elk tot sewe keer lewenslank gevonnis met ʼn bykomende 20 jaar tronkstraf gevonnis vir een van die moorde, het Natasha Ramkosson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.
Die twee mans het Woensdag skuld erken op aanklag van die moord van agt mense wat verlede week aan die KwaZulu-Natalse suidkus aangeval en aan die brand gesteek is.
Heksery is moontlik die rede vir die moorde en die twee mans was familie van hul slagoffers.