Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou by werkplek doodgeskiet: ‘Sy was altyd versigtig vir hom’

$
0
0

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

“Sy het afgebuk om die boeke op te tel toe hy die geweer op haar rig. Hy het vir die ander vrou in die kamer gewys om stil te bly en toe het hy die sneller getrek. Sy het dit nooit sien kom nie.”

Só het die suster van Cindy Swanepoel, die vrou wat Woensdagoggend by haar werkplek in Belfast, Mpumalanga, doodgeskiet is, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Swanepoel (36) is Woensdag by die BP-depot van Drakensberg Oil, waar sy as ʼn bestuurder gewerk het, doodgeskiet – na bewering deur ʼn kollega. Melanie du Plooy, Swanepoel se suster, het gesê ʼn man wat saam met Swanepoel gewerk het, is van dieseldiefstal beskuldig en moes Woensdag ʼn poligraaftoets ondergaan.

“Hy was saam met die poligrafis in ʼn vertrek om die toets af te lê en het daarna gevra of hy gou badkamer toe kan gaan,” het Du Plooy gesê. “Hy het uitgestap na sy motor toe, sy vuurwapen gaan haal en teruggestap. Hy het my sussie gevra om saam met hom te stap omdat daar van die werkboeke waarin hulle die dieselvlakke aanteken vermis word. Sy het met die boeke in die vertrek ingestap en haar rug na hom toe gedraai om die boeke neer te sit, toe skiet hy haar.”

Volgens Du Plooy het die poligrafis uit die vertrek gehardloop, waarna die man uitgestap het na twee ander vrouens in die kantoor. “Hy het vir Anmari en Charity gesê hy is lief vir hulle, maar as hulle nie ook vandag doodgeskiet wil word nie, moet hulle hardloop. Hulle het uit die gebou gehardloop en net so vinnig as moontlik probeer wegkom,” het sy gesê.

“Toe die polisie daar aankom het hy buite die gebou gaan staan, sy hande in die lug gegooi, gesê hy het [vir Cindy] geskiet en op sy knieë neergesak. Die polisie het om net daar in hegtenis geneem.”

Du Plooy het gesê Swanepoel en die man was nooit op ʼn slegte voet nie, maar dat Swanepoel die een was wat hom glo gevang steel het en dus ʼn sleutelgetuie in sy tugverhoor was. “Daar was nooit probleme tussen hulle nie, maar Cindy het altyd gesê dat sy versigtig is vir hom,” het sy gesê.

Sy het gesê Swanepoel se twee seuns, Ricardo (11) en Zane (10), was histeries toe hulle van hul ma se dood hoor. “Hulle is vandag rustiger, maar hulle het albei vanoggend gehuil toe die dominee by hulle was. Hulle begryp wat gebeur het; hulle weet Mamma kom nooit weer terug nie.” Swanepoel se man, Martin, sal nou na die twee seuns omsien.

“Cindy was ʼn eerlike en reguit mens. ʼn Saggeaarde, liefdevolle mens wat enige slegte situasie kon omdraai in iets positief. Jy kon altyd op haar staatmaak. Sy was my babasussie,” het Du Plooy in trane gesê.

Swanepoel sal volgende week uit die Hervormde Kerk op die dorp begrawe word.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat een van Swanepoel se kollegas in hegtenis geneem is op ʼn aanklag van moord.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!