Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Meer as 11 000 vlugtelinge kom in Duitsland aan

$
0
0
Argieffoto van vlugtelinge Foto: picture-alliance/dpa/S. Hoppe

Argieffoto van vlugtelinge Foto: picture-alliance/dpa/S. Hoppe

Meer as 11 000 vlugteling het die afgelope naweek in die suide van Duitsland in Bavaria aangekom, het die federale Duitse polisie Maandag gesê.

Die vlugtelinge het oor die grens van Oostenryk beweeg, het ʼn woordvoerder van die federale polisie aan ʼn plaaslike radiostasie gesê. Hy het bygevoeg sommige van die vlugtelinge het die aand buite geslaap, en gesê “die polisie doen alles in hul vermoë”.

Volgens die woordvoerder is dit nou nodig om vlugtelinge, wat oor grensstreke gekom het, elders te huisves, om plek te maak vir vlugtelinge wat pas oor die grens aankom.

“Ons verwag ʼn probleem. Ons kan nie tans die vlugtelinge-toeloop hanteer nie,” het die woordvoerder verduidelik.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621