Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

TUT gesluit weens betogings

$
0
0

Foto: @artindira/Twitter

Foto: @artindira/Twitter

Die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) het aangekondig dat alle aktiwiteite op al sy kampusse opgeskort is weens betogings.

TUT het in ʼn verklaring gesê weens ontwrigtings wat op van die kampusse voortgaan is daar besluit om aktiwiteite op al die kampusse tot Woensdag op te skort. “Gesprekke tussen die bestuur en die studenteraad gaan vandag voort.”

Dit volg nadat betogende studente en die polisie glo slaags geraak het op die universiteit se hoofkampus in Pretoria-Wes.

Volgens die universiteit sal koshuise oop bly en sal bykomende veiligheidsmaatreëls van krag wees om die veiligheid van studente en personeel te verseker. “Noodsaaklike dienste, insluitend dienste by koshuise, sal voortgaan.”

Die universiteit het gesê studente en personeel word Woensdag weer terug verwag op die onderskeie kampusse.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621