Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Renosterstroper’ vas ná skietery met polisie

$
0
0
Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vermeende renosterstroper is oor die naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem ná ʼn skietervoorval met verskeie eenhede van die polisie.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die Durbanse eenheid teen georganiseerde misdaad, die misdaadintelligensie-eenheid, die Nyathi teenstropery-eenheid en spesiale taakmaglede het Saterdag omstreeks 18:00 ʼn roetine-patrollie in die omgewing van die Zululand-renosterreservaat gedoen toe die verdagte opgemerk is.

“Die lede het die man probeer aankeer en hy het glo op hulle geskiet. Die polisie het teruggeskiet en hom gewond,” het Zwane gesê. Die verdagte kon daarin slaag om van die toneel te vlug, maar is later  opgespoor en in hegtenis geneem. Hy is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Daar is ʼn ongelisensieerde jaggeweer en ʼn 9 mm-pistool in sy besit gevind. Die polisie het daarop beslag gelê en dit vir ballistiese toetse gestuur.”

Die 45-jarige verdagte moet binnekort in die Ubombo-landdroshof verskyn op aanklagte van betreding, die rig van ʼn vuurwapen, renosterstropery en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621