
Die ongelukstoneel. Foto: ER24
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die motor het glo beheer oor die motor verloor waarna dit omgeslaan het. Daar was ses insittendes in die motor.
Rossouw het gesê die meisie is uit die motor geslinger en is op die toneel dood verklaar. Volgens ER24 was die meisie 11 jaar oud. Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het egter gesê die meisie was ses jaar oud.
Die ander vyf insittendes het ligte tot matige beserings opgedoen. Rossouw het gesê ER24 het een van die pasiënte na die Westville- private hospitaal vervoer vir verdere behandeling. “Die ander beseerdes is deur ander nooddienste op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale vervoer,” het hy gesê.
Volgens Van Reenen is verkeer erg ontwrig deur die ongeluk.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.