Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Parlementêre komitee verwelkom 0%-verhoging

$
0
0

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Die parlementêre komitee oor hoër onderwys en opleiding het Sondag pres. Jacob Zuma se aankondiging dat daar in 2016 geen verhoging in universiteitsfooie sal wees nie, geloof.

Die komitee het sy lof uitgespreek teenoor die regering, universiteitsleierskap en studenteverteenwoordigers dat hulle ʼn vriendskaplike ooreenkoms bereik het wat ten doel het om orde te herstel nadat bedrywighede by tersiêre instellings vir byna twee weke ontwrig is, het Yvonne Phosa, voorsitter van die komitee, in ’n verklaring gesê.

“Die regering het ’n simpatieke, deelnemende ingesteldheid vertoon deur ’n manier te vind om ’n saak van nasionale belang te hanteer te midde van toenemende protesoptredes waartydens studente versoek het dat klasgeld geskrap moet word. Ons verwelkom die korttermyn-oplossing soos aangekondig deur pres. Zuma en erken ook dat die medium- en langtermynwerk voortgaan sodat ’n volhoubare oplossing gevind kan word,” het sy gesê.

Die komitee beskou dit as ʼn noodsaaklike bousteen vir die inwerkingstelling van ʼn beleid vir gratis hoër onderwys vir studente wat behoeftig is maar akademies presteer. Volgens Phosa is dit belangrik om daarop te let dat die voorsiening van gratis hoër onderwys ʼn proses is en nie ʼn gebeurtenis wat oornag bewerkstellig kan word nie. Sy het egter gesê die proses moet bespoedig word.
“Dit sal in die land se beste belang wees indien die proses bespoedig word.” Phosa het gesê die optogte was oor ʼn tydperk van nege dae meestal vreedsaam. Die komitee is egter bekommerd oor sekere “skelm elemente” binne die studentebevolking wat Vrydag tot geweld oorgegaan het tydens die saamtrek by die Uniegebou.

“Ons veroordeel sulke dade van geweld met die minagting wat dit verdien. Die oortreders wat geëien is en diegene wat moontlik nog geëien sal word, moet die gevolge van hul optrede dra. Ons kan nie ’n situasie hê waar ’n vreedsame en wettige protes in die wiele gery word deur die optrede van ’n paar wetteloses nie,” het Phosa gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!