Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Israel geskok oor Hamas-besoek aan Suid-Afrika

$
0
0
Israel-geskok-oor-Hamas-in-SA

n Skermskoot uit ’n YouTube-video tydens ’n nuuskonferensie ná Hamas-ANC-samesprekings. Staande (middel) is Khaled Mishaal , Hamas se politieke leier. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sit links en ’n Palestynse tolk regs.

Israel het sy ontsteltenis uitgespreek oor die besoek van Hamas se politieke leier, Khaled Mishaal, aan Suid-Afrika op 18 en 19 Oktober. Mishaal en ’n afvaardiging, wat deur die ANC na Suid-Afrika genooi is, het met die ANC se mees senior amptenare, onder wie pres. Jacob Zuma, in Johannesburg vergader. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die besoek bestempel as een wat “party-tot-party-verhoudings” verbeter.

Die Israelse buitelandse ministerie in Jerusalem het Maandag heftig gereageer. Hulle het hul skok en verontwaardiging uitgespreek oor die besoek en Suid-Afrika se adjunk-ambassadeur ingeroep en hom berispe oor die besoek.

Die Hamas-afvaardiging het buiten Mishaal ook sy adjunk, Moosa Abu Marzouk, ingesluit en is ontvang deur die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Dié besoek was klaarblyklik om die ANC se bereidheid aan te dui om met alle partye wat Palestynse selfbeskikking wil bevorder, te gesels.

Mishaal het tydens ’n nuuskonferensie ná die gesprekke aangedui dat Hamas gekant is teen die doodmaak van onskuldige mense, maar steeds Israel moet beveg om die Israelse “apartheid”-regering te verslaan.

Die Hamas-besoek is veelseggend, aangesien die ANC-regering reeds dekades die Palestynse Bevrydingsbeweging (PBO) onder Abbas ondersteun. Twee Palestynse gebiede, die Wes-Bank en die Gasa-strook, het selfregering oor dele van die gebiede. Die PBO beheer die Wes-Bank en Hamas die Gaza-strook. Die PBO ondersteun ’n twee-staat-oplossing, met ’n onafhanklike Palestynse staat naas Israel. Hamas weier om Israel te erken en wil dié staat vernietig. Hamas stook voortdurend geweld deur Israelse gebiede met -missiele uit Gasa te bestook, wat op sy beurt deur Israel met kragtige lugaanvalle en groot lewensverlies beantwoord word.

Die ANC se amptelike beleid is om ’n twee-staat-oplossing te ondersteun, wat vrae laat ontstaan oor sy ontmoeting met Hamas. Die PBO word deur Suid-Afrika as Palestynse verteenwoordiger erken en ’n Palestynse ambassade in Pretoria word deur die PBO beman.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!