
Foto: Twitter
Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê veiligheidswagte het omstreeks 04:00 gesien die studentesentrum brand. “Die brandweer is ontbied en die brand is geblus.” Zwane het gesê die polisie in Mtunzini het ’n saak van brandstigting aanhangig gemaak.
Volgens Zwane is nog niemand in hegtenis geneem nie en die motief vir die brandstigtingvoorval nog nie bekend nie. Dit is ook nog nie duidelik hoeveel skade aangerig is nie.
Normah Zondo, die universiteit se woordvoerder, het bevestig daar was ʼn brand op die kampus, maar kon nie onmiddellik verdere besonderhede verskaf nie.