Effective Measure, ʼn maatskappy wat webwerfbesoeke in die Midde-Ooste en Afrika meet, het sopas sy 2017-lys van die top-10 webwerwe in Suid-Afrika vrygestel.
Maroela Media is die enigste Afrikaanse webwerf op die lys van Suid-Afrika se top-10 nuuswebwerwe.
News24, Times Live en IOL is die drie nuuswebwerwe wat in die eerste helfte van vanjaar die meeste besoeke gehad het. Maroela Media is in die agtste plek op die lys van top-10 nuuswebwerwe.
News24, Gumtree en Times Live is die top-drie webwerwe.
Effective Measure het spesifiek gekyk na die getal unieke besoekers wat tussen 1 Januarie 2017 en 30 Junie 2017 die onderskeie webwerwe besoek het.
Klik hier om te sien watter ander webwerwe uitgeblink het in verskillende kategorieë, soos onder meer vermaak, gesondheid, sport en tegnologie.
Hiermee die lys van top-10 nuuswebwerwe:

Hiermee die lys van top-10 webwerwe:
