Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Minder renosters gestroop; olifante nou ook teiken

$
0
0
edna-molewa-minister-van-omgewingsake-screenshot

Edna Molewa, minister van omgewingsake, en David Mahlobo, minister van staatsveiligheid by Maandag se inligtingsessie oor die staat se bestuurplan vir die bekamping van renosterstropery. Foto: ‘n Skermskoot uit eNCA se regstreekse uitsending.

Minder renosters is in die eerste helfte van die jaar gestroop in vergelyking met dieselfde tydperk in 2016, maar dit blyk dat die getal olifante wat in die Krugerwildtuin gestroop word toegeneem het.

“Daar was ʼn effens afname in die aantal renosters wat in Suid-Afrika gestroop is. ʼn Totaal van 529 renosters is tussen Januarie en Junie vanjaar gestroop in vergelyking met 542 renosters in dieselfde tydperk vir 2016. Dit verteenwoordig ʼn afname van 13 gevalle,” het Edna Molewa, minister van omgewingsake, gesê.

Sy het die aankondiging tydens ʼn inligtingsessie by die parlement in Kaapstad gedoen waar sy terugvoer oor haar en verskeie ander staatsdepartement se geïntegreerde strategiese bestuurplan vir die bekamping van renosterstropery gegee het. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, en David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het saam met Molewa dié terugvoer verskaf.

“In die Krugerwildtuin, wat tradisioneel ʼn brandpunt vir stropery is, is daar tussen Januarie en die einde van Junie ʼn totaal van 243 renosterkarkasse gevind. In die dieselfde tydperk vir 2016 was daar 354 renosters gestroop. Dit verteenwoordig ʼn afname van 34%,” het Molewa gesê.

Volgens haar is en bly stropery, wat ʼn nasionale prioriteitsmisdaad is, ʼn ernstige probleem vir Suid-Afrika, ondanks die effens afname in die getalle.

“Terwyl daar ʼn afname in die aantal renosters is wat gestroop is in die Krugerwildtuin en Mpumalanga, het die aantal renosters wat in ander provinsies gestroop is egter toegeneem.”

Molewa het ook gesê daar is ʼn kommerwekkende tendens waar stropers nou toenemend hulle visier op Suid-Afrika se olifante rig.

“Ons moet ook ongelukkig berig dat daar 30 olifante tot dusver in Krugerwildtuin gestroop is. Dieselfde maatreëls wat gebruik is om renosterstropery te bekamp sal nou ook op die bedreiging wat olifante in die gesig staar toegepas word.

“Dit is egter duidelik dat ons meer hulpbronne sal benodig om hierdie uitdaging van renoster- en olifantstropery te takel.”

Molewa het gesê haar departement sien die geringe afname in die getalle van renosterstropery nie as ʼn oorwinning nie, maar sy is bly om die afwaartse neiging te kan bevestig. “Dit is rede vir ʼn versigtige soort optimisme. Ek hoop dit sal as motivering dien vir almal wat saamstaan om renosterstroping te bekamp, veral wildbewaarders en die polisie. Saam kan ons soveel vermag,” het sy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!