Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Skoolhoof wat seun (14) glo aanrand afgedank

$
0
0
skool-21.jpeg

Argieffoto

Die hoof van ʼn laerskool in Middelburg in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 14-jarige leerder aangerand het voordat die kind later in ʼn hospitaal dood is, is afgedank.

Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, het gesê die skoolhoof van Manyano Primary School is tydens ʼn interne dissiplinêre verhoor skuldig bevind dat hy Siphamandla Choma aangerand het. “Die departement het bevind dat die skoolhoof die verantwoordelikheid om leerders in die skool te beskerm oortree het. Sy gedrag het die effektiwiteit en die administrasie van die departement in oneer gebring,” het Zwane gesê.

“Art. 10 van die Suid-Afrikaanse Skolewet stel dit duidelik dat lyfstraf verbied word. Hierdie artikel noem verder dat enige persoon wat dit oortree skuldig is aan aanranding en ʼn strafregtelike vonnis opgelê kan word.”

Zwane het gesê die departement het al die versagtende en verswarende omstandighede in die saak oorweeg voordat daar besluit is dat die gepaste straf sal wees om die skoolhoof af te dank. Die skoolhoof, wat nog nie geïdentifiseer kan word nie aangesien hy nog nie in ʼn hof verskyn het nie, het reeds sy afdankingsbrief ontvang en het vyf dae kans om teen die bevindinge van die dissiplinêre verhoor te appelleer.

Maroela Media het vroeër berig Choma is verlede jaar gedeeltelik verlam gelaat nadat hy na bewering deur die hoof van die skool in Mhluzi aangerand is. Die hoof het Choma daarvan beskuldig dat hy R150 gesteel het. Choma is in ʼn hospitaal in Middelburg opgeneem, waar hy later gesterf het.

Walter Hlaise, sekretaris van die onderwysvakbond Sadtu, het Sondag gesê die skoolhoof het appèl aangeteken teen die besluit om hom af te dank. “Ons het kennis geneem van die afdanking en die skoolhoof en het besluit om teen die beslissing te appelleer. Ons respekteer die dissiplinêre proses. Ons sal moet wag vir die uitslag van die appèl voordat ons verder kommentaar lewer, maar oor die algemeen is ons gekant teen lyfstraf in skole,” het Hlaise gesê.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het Sondag gesê die skoolhoof sal op 5 September in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding. “Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit sal sy eerste hofverskyning wees waar sy regte aan hom voorgehou sal word,” het Nyuswa gesê.

“Ons wag steeds vir die uitslag van die nadoodse ondersoek om die oorsaak [van Choma se dood] te bepaal. Die klag van aanranding sal na strafbare manslag verander word indien die nadoodse ondersoek daarop dui dat Choma se dood verband hou met die aanranding deur die skoolhoof.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!