Die Brit Chris Froome het die Tour de France in Parys, Frankryk vir ‘n vierde keer gewen.
Reuters berig Froome het ʼn paar haakplekke gehad, maar was heeltyd in beheer oor die drie weke lange fietsren te danke aan sy uitstekende spanmaats van Team Sky wat hom beskerm het toe dit saak gemaak het. Dit het hom die kans gegun om ʼn verskil in die tydproewe te maak.
Die 32-jarige Brit, wat in Kenia gebore is, se algehele wentyd oor die 21 skofte was 83 uur, 55 minute en 16 sekondes. Hy het 54 sekondes voor Roberto Uran geëindig met Romain Bardet derde.
“Dit was die mees uitdagende toer nog. Ek wil hulde bring aan al die ryers vir hul sportmangees. Ons het hard saam gery en saam swaargekry,” het Froome gesê.