Die uitslae is die gevolg van Discovery se peiling waar lede van mediese fondse die geleentheid kry om konstruktief hul menings uit te spreek oor gesondheidsorgverskaffers en die sorg wat hulle in hospitale ontvang het.
Dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van gehaltesorg by Discovery Health, het gesê dit is wêreldwyd standaardpraktyk om die gehalte van gesondheidsorg, insluitend die pasiënt se ervaring daarvan, te meet.
“Bewustheid rakende die gehalte van gesondheidsorg het toegeneem weens ons peiling. Sedert ons drie jaar gelede die resultate begin bekend maak het, het ons positiewe veranderinge begin sien in hoe pasiënte gesondheidsorg ervaar.”
Naidoo het gesê die analise van die resultate neem faktore soos die aard van siektes en die ouderdom en geslag van pasiënte in ag ten einde ’n regverdige vergelyking tussen hospitale te verskaf. Altesame 136 hospitale is in die peiling ontleed.
Nege hospitale is vir drie jaar agtereenvolgens onder die land se top-20-hospitale.
Die 20 beste hospitale word alfabeties gelys en nie volgens ’n ranglys nie.
- Cormed-kliniek (Gauteng)
- Ethekwini-hospitaal en -hartsentrum (KwaZulu-Natal) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Gateway- private hospitaal (KwaZulu-Natal)
- Hillcrest- private hospitaal (KwaZulu-Natal) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Life Bay View- private hospitaal (Wes-Kaap)
- Life Rosepark-hospitaal (Vrystaat)
- Lowveld-hospitaal (Mpumalanga) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Mediclinic Cape Gate (Wes-Kaap)
- Mediclinic Ermelo (Mpumalanga)
- Mediclinic George (Wes-Kaap)
- Mediclinic Hoogland (Vrystaat)
- Mediclinic Louis Leipoldt (Wes-Kaap)
- Mediclinic Milnerton (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Mediclinic Panorama (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Mediclinic Stellenbosch (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Midvaal- private hospitaal (Gauteng) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Netcare Jakaranda-hospitaal (Gauteng)
- Netcare N1 City-hospitaal (Wes-Kaap)
- Wilmed Park- private hospitaal (Noordwes) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
- Zuid-Afrikaans-hospitaal (Gauteng)– Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar