Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Inwoners eis aksie ná gru-voorval by Rhodespark

$
0
0

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Inwoners van Kensington in Johannesburg eis dat daar opgetree word ná Saterdagaand se gru-voorval in Rhodespark waartydens twee mans vermoor en ʼn vrou verkrag is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê twee paartjies het Saterdagaand in die park gestap toe hulle deur ʼn groep van 12 verdagtes voorgekeer is. Die verdagtes het die mans glo met hul eie klere vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Polisieduikers het die twee mans, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, se liggame uit die dam gehaal. Die ander vrou kon daarin slaag om te vlug.

Tony de Munnik, voorsitter van die I Love Kensington-verening, het gesê die organisasie sal ʼn vergadering met die burgemeester van Johannesburg versoek om voorstelle te maak oor hoe openbare plekke veiliger gemaak en beter benut kan word. Daar is intussen reeds ʼn versoek aan inwoners van Kensington gerig om elke Woensdag van 16:30 tot 17:30 in Rhodespark bymekaar te kom met die doel om gemeenskapsaksie aan te moedig.

Dlamini het intussen mediaberigte dat ʼn verdagte in hegtenis geneem is in verband met die voorval ontken. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!