Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tradisionele geneser vas vir verkragting van tienerseuns

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tradisionele geneser van KwaZulu-Natal word daarvan beskuldig dat hy vier tienerseuns glo verkrag het om hulle van “siektes” te genees.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die seuns, tussen 15 en 17 jaar oud, is glo herhaaldelik in Augustus in die Machunwini-omgewing, noord van Greytown, deur die geneser verkrag.

“Die tradisionele geneser het die hele gemeenskap mislei deur die oudstes van die stam te nader en te sê die tieners in hul families is siek en kan met tradisionele hulp genees word,” het Zwane gesê.

“Die geneser het aan die oudstes van elke familie gesê dat hy ʼn ‘voorspelling’ gehad het dat die families probleme het en dat hy die oplossings daarvoor het.”

Zwane het gesê die geneser het die oudstes met dié storie oortuig sodat hy die seuns na sy woning in Msinga kon neem waar hy hulle met tradisionele medisyne by sy praktyk sou genees.

“Die verdagte het snags sy vrou in hul slaapkamer alleen agtergelaat en die nagte saam met die jong slagoffers in sy genesingskamer, waar hy hulle aangehou het, deurgebring. Hy het hulle glo reg deur die nag verkrag en gesê al manier hoe hulle genees kan word, is as hy hulle vir twee weke lank verkrag.”

Volgens Zwane kon een van die seuns daarin slaag om te ontsnap en hy het die voorval by sy ouers aangemeld.

Die Greytown-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die saak ondersoek en op die res van die slagoffers afgekom toe hulle die verdagte in hegtenis geneem het. “Die tieners het geïntimideer gelyk en was ongemaklik om te praat, maar hulle het later erken dat hulle ook verkrag is.”

Die verdagte het reeds in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn. Die polisie het sy borgtog suksesvol teengestaan. Die man bly in aanhouding totdat hy weer op 10 November in die hof moet verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!