Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou erken seksuele verhouding met modelbaas wat haar glo verkrag

$
0
0

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

ʼn 20-jarige vrou wat Dawie de Villiers (35), die modelagentskap-eienaar van Kemptonpark, van verkragting beskuldig, het Woensdag erken dat sy ʼn seksuele verhouding met hom gehad het voordat hy haar glo verkrag het.

“Ek het twee keer met hom seks gehad,” het die vrou in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, getuig. Jacques Pienaar, De Villiers se regsverteenwoordiger, het die vrou vroeër gevra om ʼn verklaring aan die hof voor te lees waarin sy beweer dat die verkragting by De Villiers se huis plaasgevind het.

Die vrou, wat 15 jaar oud was ten tyde van die beweerde voorval, het toe erken dat sy voorheen met De Villiers seks gehad het en dat sy nie ʼn maagd was toe De Villiers haar glo verkrag het nie. Die vrou het vroeër getuig dat sy wel ʼn maagd was toe die beweerde verkragting plaasgevind het.

“Ek was bang,” het die vrou geantwoord op ʼn vraag van Pienaar oor hoekom sy vroeër aan die hof gesê het sy was ʼn maagd. Die vrou het vroeër getuig dat sy gevoel het De Villiers het haar verkrag, aangesien sy nie geld gehad het om die modelagentskap te betaal nie.

“My ma het nie geld gehad om vir die modelwerk te betaal nie en Dawie het gesê hy sal my borg. Miskien was dit die manier om hom terug te betaal,” het die vrou aan die hof gesê op ʼn vraag oor hoekom De Villiers haar sou wou verkrag.

Pienaar het haar ook gevra waarom sy nie om hulp geskree het tydens die beweerde verkragting nie. “Ek het nie gedink iemand sou my hoor nie,” het sy geantwoord. Sy het bygevoeg dat die beweerde verkragting laatmiddag gebeur het en dat “harde musiek gespeel het.”

Pienaar het ook aangevoer dat De Villiers nie met een hand ʼn kondoom sou kon aansit soos wat die vrou Dinsdag in die hof beweer het nie. Die vrou het egter aan die hof gedemonstreer in watter posisie sy en De Villiers was voor die beweerde verkragting en hoe hy glo die kondoom aangesit het. Volgens die vrou het sy nooit vir ʼn doktersondersoek gegaan ná die beweerde verkragting nie.

“My ma en pa sou my verhoed om verder modelwerk te doen as ek hulle vertel het. My ma het vir my gesê die modelwerk is ʼn slegte idee en sy wou nie gehad het ek moet dit doen nie,” het die vrou getuig.

De Villiers staan tereg op 38 aanklagte, onder meer verkragting, seksuele aanranding, die besit van kinderpornografie, meineed en bedrog. Die saak gaan Donderdag voort.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!