Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Woolworths herroep roomysprodukte

$
0
0
Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Woolworths het Dinsdag 12 roomys- en sorbetprodukte herroep wat nie die nodige waarskuwings vir persone met ʼn grondboontjie-allergie bevat het nie.

“Die woorde, ‘produk vervaardig in ʼn fabriek waar grondboontjies gebruik word’ bied aan klante, wat moontlik ʼn grondboontjie-allergie mag hê, die nodige riglyn om ʼn ingeligte besluit te maak oor hul aankope,” het Sam Logan van Meropa Communications, woordvoerder namens Woolworths, gesê. “Dié woorde ontbreek op van die produkte.”

Die woorde, wat op die 12 produkte ontbreek, dui op die moontlikheid dat die produkte moontlik tydens vervaardiging met grondboontjies in aanraking gekom het. Die produkte wat herroep word, is Extremely Creamy Madagascan Vanilla Dairy-roomys, 32 Italian kisses, Extremely Creamy Pistachio Dairy-roomys, Extremely Creamy Belgian Chocolate Dairy-roomys, Slimmers Choice Fruit Sorbet Mini-roomyse, ses mini Almond Solos, ses mini Vanilla Solos, Mixed Berry Sorbet, Granadilla Sorbet, Mango Sorbet, Hazelnut Dairy-roomys, en Lemon sorbet.

Volgens Woolworths word geen ander roomysprodukte hierdeur geraak nie.

“Woolworths het besluit om, as ʼn uiterste voorsorgmaatreël, eerder al die produkte van die winkelrakke te verwyder om seker te maak dat klante met ʼn grondboontjie-allergie glad nie hierdeur geraak word nie,” het Logan bygevoeg.

Klante wat reeds van die produkte gekoop het, word versoek om seker te maak of hul produkte wel die korrekte waarskuwing bevat. Indien nie, kan hulle dit na Woolworths terugneem vir ʼn volle terugbetaling.

“Woolworths vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak. Indien klante enige verdere inligting benodig, kan hulle die kliëntekontaksentrum by 0860 022 002 skakel,” het Logan gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!