Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Chirurgiese marathon’ by Jhb-hospitaal gehou

$
0
0

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Sogenaamde “chirurgiese marathon” sal volgende week by die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal in Johannesburg gehou word in ʼn poging om die lang waglyste vir chirurgie te verkort.

Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydag gesê 170 artroplastie- en katarakprosedures sal binne vyf dae by die hospitaal gedoen word. Twintig artroplastiepasiënte en 150 katarakpasiënte is Vrydag in die hospitaal opgeneem.

Artroplastie word gedoen om gewrigte te herstel wat deur verskeie soorte artritis geaffekteer word. Die prosedures by Charlotte Maxeke sal op knie- en heupvervangings fokus om pasiënte se beweeglikheid te verbeter.

Katarakte is die hoofoorsaak van blindheid en hou meestal verband met ouderdom. Moderne katarakchirurgie kan gewoonlik die visie herstel en verminder dikwels pasiënte se afhanklikheid van ʼn bril.

Volgens die departement is hierdie “marathon” een van verskeie maatreëls wat ingestel is om agterstande by die hospitaal teen die einde van Oktober in te haal. Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid, het gesê die departement sal oorweeg om op die korttermyn deurlopende chirurgiese marathons te hou. “Dit sal versprei word deur sentrale, tersiêre en streekshospitale,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images