Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tienermeisie se liggaam in straat gevind

$
0
0

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn 13-jarige meisie se liggaam Sondagoggend in ʼn straat in De Aar in die Noord-Kaap ontdek is.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Nomvuyo Daki en haar vriendin het glo Saterdagaand by die man se huis gekuier. Die vriendin is later huis toe en Daki het agtergebly.

“Ons weet nog nie presies wat gebeur het nie, maar die meisie se liggaam is later in ʼn straat naby die man se huis gekry. Sy het erge kopbeserings opgedoen en daar is ʼn moontlikheid dat sy verkrag is,” het Kock gesê.

Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!