Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all 56621 articles
Browse latest View live

Zuma ontken ‘ekstra salaris’

$
0
0

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het Donderdag tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Vergadering vrae beantwoord oor berigte dat hy ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het.

Die ondersoekende joernalis Jacques Pauw skryf in sy nuutste boek, The President’s Keepers, dat Zuma die geld ontvang het sonder om dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verklaar. Mmusi Maimane, leier van die DA, het Zuma gevra of hy enige tyd sedert hy as president aangestel is van enige persoon of maatskappy vergoeding ontvang het.

Zuma het geantwoord dat hy nie in sy termyn by enige persoon of maatskappy betalings ontvang het nie. Hy het gesê betalings wat hy ontvang het is aan die nodige owerhede verklaar. Maimane het gesê hy glo nie vir Zuma nie, waarop Zuma gesê het dis nie sy werk om op bewerings in boeke te antwoord nie.

Shaik Emam, NFP-LP, wou by Zuma weet waar die bewerings vandaan kom en wat die mense wat die bewerings maak se doel is. Zuma het laggend hierop geantwoord dat hy nie weet hoekom mense die bewerings maak nie.

“Daar is baie boeke oor Jacob Zuma. Daar is daagliks artikels en mense wat op TV en radio praat, maar ek kan nie vir jou sê hoekom hulle dit doen nie.” Zuma het wel gesê as hy moet spekuleer, sal hy sê dis omdat hy die grootste party in die land lei en dat dié party die regering is.

Volgens Zuma is dit alles pogings om die ANC te ondermyn. Narend Singh, IVP-LP, wou by Zuma weet of dit sy finale antwoord is dat hy nie geld ontvang het nie.

“Ja, dit is my finale antwoord,” het Zuma laat hoor.


Bejaarde in Lichtenburg vermoor

$
0
0
polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Lichtenburg in Noordwes is Donderdagoggend deur haar man en bure dood in haar huis aangetref.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word vermoed die moordenaar het die 73-jarige vrou tussen 10:00 en 11:00 ingewag toe sy by die huis aangekom het. “Die egpaar sê hulle laat gewoonlik ʼn sleutel agter die deur wanneer hulle die huis verlaat. Daar word vermoed dat die verdagte die sleutel in die hande gekry het en so toegang tot die huis verkry het,” het sy gesê.

Volgens Moleko is die vrou verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Haar liggaam is deur haar man en bure in die huis aangetref.

Twee selfone is uit die huis gesteel. Sake van moord en huisbraak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die vrou se naam sal bekendgemaak word sodra al haar naasbestaandes van haar dood ingelig is.

Só dink misdadigers; volg dié wenke vir hoër veiligheid

$
0
0
polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Volgens die jongste statistieke wat die Suid-Afrikaanse polisiediens vandeesweek bekend gemaak het, is daar in die afgelope boekjaar reeds meer as 245 000 huisbrake landwyd aangeteken.

In dieselfde boekjaar het 22 343 huise volgens dié statistieke onder huisroof deurgeloop.

Elmarie Twilley, ʼn woordvoerder van Virseker, sê dié statistieke kom neer op 61 huise wat daagliks in Suid-Afrika beroof word en 676 huise wat daagliks onder huisbrake deurloop.

“Hierdie statistieke is skokkend. Wat kommerwekkend is, is dat dit maar net die voorvalle is wat wel aan die polisie aangemeld is,” sê Twilley.

Navorsing deur prof. Rudolph Zinn van Unisa se skool van kriminele reg en polisiepraktyk, wat in-diepte onderhoude met 30 veroordeelde rowers gevoer het, het talle sleutel-insigte oor misdadigers bekend gemaak.

Dié navorsing het bewys dat misdadigers gewoonlik werk in groepe van vier, dat hul motivering hoofsaaklik geldelike wins is en dat hulle teikens kies op grond van opsigtelike rykdom. Die misdadigers het ook erken dat hulle dikwels inligting ontvang van huishulpe, tuiniers en veiligheidswagte en dat hulle spesifieke huisie kies met lae sekuriteit wat ook maklike ontsnappingsroetes na ʼn hoofweg het.

Verskeie veiligheidsmaatreëls kan moontlik bydra tot jou en jou gesin se veiligheid:

  • Klein hondjies waarsku jou gewoonlik vroegtydig teen ʼn
  • ʼn Elektriese heining om jou grensmure dien dikwels as afskrikmiddel.
  • Kringtelevisiekameras en ʼn interkom verhoog jou veiligheid selfs meer.
  • ʼn Alarmstelsel met sensors tel enige bewegings in jou huis op. Maak egter seker dat dié stelsel gekoppel is aan ʼn Maak ook seker dat jy ʼn paniekknoppie ontvang.
  • Installeer veiligheidsligte buite jou huis wat aanskakel wanneer daar beweging is.
  • Moenie probeer spaar op deure en veiligheidshekke nie – kies veral dié met hoëgehalte slotte.
  • Trek jou gordyne in die aand toe om te verhoed dat misdadigers binne die huis kan kyk.
  • Maak seker daar is ʼn “veilige kamer” in jou huis waar jy en jou geliefdes kan skuil – verkieslik een met ekstra sekuriteit en veiligheidshekke terwyl julle vir ʼn veiligheidsmaatskappy wag om by die toneel aan te kom.
  • Onthou om enigeen wat toegang het tot jou huis – soos byvoorbeeld ʼn huishulp of veiligheidswag – se besonderhede en agtergrond deeglik na te gaan voordat jy ʼn aanstelling maak.
  • Gaan jou eiendom na om enige kwesbare punte te identifiseer waar voorwerpe soos telefoonpale of bome dit maklik maak om oor die heining te spring.
  • Maak gebruik van ʼn hek met ʼn elektriese motor omdat dit jou kwesbaar maak om eers uit jou motor te klim en die hek oop te maak.
  • Wissel jou roetes weekliks af om te verhoed dat jy agtervolg word.
  • Moenie waardevolle items soos grassnyers en voertuie vir lang periodes buite los nie. Verwyder ook alle voorwerpe soos tuingereedskap uit jou tuin wat gebruik kan word om toegang tot jou huis te verkry.

Vir soortgelyke wenke soos dié, besoek Virseker se webwerf.

Zuma sê oor ondersoek na staatskaping

$
0
0

President Jacob Zuma in die Nasionale Vergadering (Foto: Elmond Jiyane)

Pres. Jacob Zuma het Donderdag tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Vergadering gesê hy sal ʼn geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van ʼn staatskaping aanstel sodra die hof uitspraak gelewer het op sy aansoek om hersiening van die staatskapingsverslag.

Zuma het spesifiek verwys na gedeeltes in die staatskapingverslag wat verwys na die wanbesteding van openbare fondse wat moontlik onregmatig aan individue in die politieke sfeer gegaan het.

Die president se prokureurs het aan die hooggeregshof in Pretoria gesê Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se verslag moet hersien word omdat sy nie die outoriteit gehad het om die president te beveel om ’n geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel nie.

Zuma het op ʼn vraag oor dié ondersoekkommissie van Deirdre Carter, Cope-LP, gesê hy het “in ʼn stadium” oorweeg om voort te gaan om ʼn kommissie van ondersoek in te stel, maar is deur sy prokureurs aangeraai om dit nié te doen nie “omdat die saak sub judice” is.

“As die kwessie [die staatskapingsverslag] in die hof is, kan ek nie ʼn kommissie van ondersoek instel na dieselfde ding [wat tans in die hof is nie]. My prokureurs sê die saak is sub judice. Wil jy hê ek moet die wet oortree? [Dit sal onwettig wees] om só ʼn proses aan die gang te sit terwyl die saak in die hof is,” het hy op dié vraag van Carter geantwoord.

Hy het gesê hy gaan só ’n kommissie “onmiddellik” ná die uitspraak aanstel. “Dit [die kommissie] is op pad, moenie bekommerd wees nie,” het hy gesê.

Zuma het ook gesê sy kritici is verkeerd deur te sê dat hy nie daarin geslaag het om op Madonsela se verslag, wat onder meer vertel het oor verdagte onderhandelings tussen openbare maatskappye en die Gupta-familie, te reageer nie.

“Ek het nooit gesit en niks doen nie. Ek het gesê die openbare beskermer se versoek dat die bewerings ondersoek moet word, was ongrondwetlik. Ek het aksie geneem. Ek kan nie die hof aanjaag nie, dit is nie my verantwoordelikheid nie.”

Hy het ook gesê só ’n kommissie sal die opposisiepartye ook onder die loep bring. “Daar is te veel praatjies van korrupsie. Selfs diegene wat die korrupste is, wys ook vinger na ander. Korrupsie het lank voor 1994 begin en diegene wat heeltyd korrupsie skree, gaan spyt wees,” het hy gesê.

Zuma het verder tydens die vraag-en-antwoord-sessie gesê ʼn kabinetsgroep van polisieministers werk aan ʼn plan om die weermag na misdaadgeteisterde gebiede in Suid-Afrika te ontplooi. Hy sê dié plan is om misdaad meer doelgerig en met meer trefkrag te beveg en teen te werk. Volgens hom is die regering ook in die proses om ʼn heeltydse nasionale polisiekommissaris aan te stel wat met die bekamping van misdaad sal help.

Zuma het verder ook gesê besprekings oor kernkrag vind steeds plaas ten spyte van Malusi Gigaba, die minister van finansies, wat tydens sy mediumtermynbegroting gesê het dat Suid-Afrika dit nie in dié stadium kan bekostig nie. Hy het ook ontken dat David Mahlobo, die nuwe minister van energie, en Gigaba koppe stamp oor dié kernkragbesprekings.

Ses mynwerkers onder grond vasgekeer ná grondstorting

$
0
0

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Donderdag gesê hy is “diep ontsteld” oor die nuus van ses mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is ná ʼn grondstorting by die Mponeng-myn in Carletonville in Gauteng.

Erick Gcilitshana, NUM-hoof van gesondheid en veiligheid, sê dié grondstorting is glo veroorsaak deur ʼn aarskudding wat sowat 1.1 gemeet het.

Dit is die derde soortgelyke voorval sedert verlede maand. “Die soek-en-reddingspan is in dié stadium in staat om met een van die mynwerkers ondergronds te kommunikeer. Die reddingsoperasie is amptelik aan die gang gesit. NUM is vasbeslote dat al ses werkers gered sal word,” het Gcilitshana gesê.

Die Mponeng-myn is sowat 4 km diep en word gereken as die diepste myn ter wêreld.

Meer inligting oor die werkers is nie in dié stadium bekend nie. Die reddingsoperasie is steeds aan die gang.

7de Laan reik dringende waarskuwing teen slenter uit

$
0
0

Foto: Facebook

Die gewilde SABC2-sepie 7de Laan het Donderdag gewaarsku teen ʼn slenter waar misdadigers hulself glo as ʼn uitvoerende vervaardiger of rolspeler van dié sepie voordoen.

ʼn Bestuurspan van die sepie het in ʼn verklaring gesê sogenaamde “vervaardigers” van die sepie steel glo geld by voornemende akteurs wat oudisies beloof word wanneer hulle ʼn betaling aan die persoon maak.

Die misdadigers vra blykbaar “verskeie voorafbetalings” wat belangstellendes glo moet betaal voordat hulle ʼn oudisie kan aflê om moontlik ʼn rol in die Laan los te slaan.

“Neem asseblief kennis dat Danie Odendaal-produksies nié geld vra vir oudisies nie,” lui die verklaring. “Alle oudisies wat deur die produksiemaatskappy gehou word, word deur die hoof van rolverdeling gereël en by 7de Laan se amptelike ateljee gehou. In gevalle wanneer oudisies tydens amptelike toere plaasvind, maak 7de Laan sulke oudisies op sy amptelike sosiale media blaaie bekend en nooi mense op só ’n manier om ʼn oudisie af te lê.”

Volgens die bestuurspan wil die sepie onder geen omstandighede geassosieer word met “bedrieglike sindikate” nie. Hy het ook gesê hoewel hy jammer is vir aanhangers wat met dié foefie gevang is, kan die sepie nie aanspreeklik gehou word vir enige verliese nie.

“Ons kan nie aanspreeklik gehou word vir enige geld wat aan die sindikaat oorbetaal is of vir enige optrede wat jou lewe in gevaar gestel het nie,” waarsku die verklaring.

Volgens die verklaring moet mense op hul hoede wees vir enigiemand wat hulself voordoen as ʼn uitvoerende- of lynvervaardiger, ʼn direkteur, finansiële bestuurder of as hoof van rolverdeling.

Indien jy wil seker maak oor die egtheid van enige korrespondensie wat glo van 7de Laan af kom, of só ’n geval van bedrog wil aanmeld, kan jy die sepie op Facebook of Twitter kontak.

Jong man glo in kop geskiet tydens plaasaanval

$
0
0

ʼn Nooddienshelikopter wat die slagoffers na die hospitaal vlieg (Foto: Verskaf)

Twee mans is Donderdagaand in ʼn plaasaanval buite Ficksburg in die Vrystaat gewond.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê ʼn man, vermoedelik die boer se seun, is tydens die voorval in die kop geskiet. Volgens Cameron is die seun 25 jaar oud. ʼn Tweede man, glo ʼn plaaswerker, het ʼn skietwond in sy skouer opgedoen.

Volgens Cameron leef albei slagoffers.

“ʼn Nooddienshelikopter het pas op die toneel geland om die slagoffers na die hospitaal te vlieg,” sê hy.

Cameron sê vyf verdagtes was glo betrokke by die aanval. Volgens hom kon al vyf verdagtes daarin slaag om van die toneel te ontsnap en is hulle steeds op vrye voet.

Die polisie was kort ná die voorval steeds op pad na die toneel en die provinsiale woordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

Organisasies betoog teen Shell SA

$
0
0

Protesoptog teen hidrobreking (Foto: Reint Dykema)

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die omgewingsorganisasie Treasure Karoo Action Group (TKAG) het Donderdag betoog teen Shell Suid-Afrika se aansoeke om met hidrobreking in verskeie dele van Suid-Afrika, veral die Karoo, voort te gaan.

Shell SA het die groep betogers met stilte begroet en die SAPD is later ingeroep om die vreedsame betogers te verwyder.

Die organisasie het plakkate en pamflette teen hidrobreking, asook botteltjies vol water wat deur hidrobrekingchemikalieë besoedel is, aan Shell-personeel oorhandig wat by dié oliemaatskappy se hoofkantoor in Johannesburg werk.

Marcus Pawson, AfriForum-hoof van omgewingsake, sê Shell SA se winsbejag met dié planne is ten koste van Suid-Afrika se “erfenis, omgewing en waardevolle waterhulpbronne”.

“Ek is hartseer dat Shell nie bereid is om met ons te praat of ons brief – waarin ons vrese en bekommernisse oor hidrobreking uiteengesit word – wil aanvaar nie. Tog is hulle gretig om te boor en ons water te besoedel sonder om twee keer te dink,” sê Pawson.

Jonathan Deal, uitvoerende hoof van die TKAG, sê dié brief is ook gerig aan Rick Parry, Amerikaanse minister vir energie, wat Kaapstad onlangs besoek het en gepoog het om ’n lansie vir skaliegasontginning in Suid-Afrika en fossielbrandstowwe in Afrika te breek.

“Perry is bloot besig om die geykte uitlatings van Amerikaanse olie-en-gasdrukgroepe te herhaal.  Die grootste deel van die euforie waarmee fossielbrandstowwe begroet word – veral in die VSA – is grootliks op die onakkurate skattings van die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) en die Amerikaanse Energie-inligtingsadministrasie (EIA) gebaseer,” sê Deal.

Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Grahamstad het onlangs beslis dat die regeringsregulasies vir die hidrobrekingbedryf onwettig is. Die land het daarom geen wetgewing in plek om die verskeie risiko’s te reguleer wat internasionale maatskappye met die aanvang van hidrobrekingsprosesse teweeg sal bring nie. AfriForum en die TKAG het ook ’n hofaansoek teen hidrobreking gebring wat na verwagting in Februarie 2018 in die Noord-Gautengse hoë hof aangehoor sal word.

“Die kern van die saak is dat geen aansoeke vir lisensies of permitte vir enige vorm van eksplorasie of produksie kan slaag sonder dat die nodige regulasies in plek is nie. Enige aktiwiteite om die beginsel te ontduik, sal met dringende hofaansoeke begroet word. Shell Suid-Afrika en ander internasionale maatskappye wat vir lisensies of permitte vir hidrobreking aansoek gedoen het, sal hul internasionale aansien net verder skaad deur met hul hidrobrekingsplanne in Suid-Afrika voort te gaan en hul mala fide-aksies ten koste van Suid-Afrikaners beklemtoon,” sê Deal.

(V.l.n.r.) Eugene van Aswegen Marius Muller Wico Swanepoel en Ohann Fourie (Foto: Reint Dykema)

Volgens AfriForum en die TKAG het die ekonomiese lewensvatbaarheid van hidrobreking in die Karoo dramaties afgeneem nadat die voorspelde gasreserwes, wat eens op 485 triljoen kubieke voet geskat is, na slegs 13 triljoen kubieke voet afgeneem het.

Die burgerregte organisasie sê een van die “grootste leuens” wat aan hidrobreking in Suid-Afrika gekoppel word, is dat dit meer as 700 000 werksgeleenthede sal skep. Onlangse plaaslike studies het egter volgens die organisasie bevestig dat ten beste 3 500 werksgeleenthede geskep sal word, waarvan die meeste heel waarskynlik nie deur ongeskoolde of halfgeskoolde Suid-Afrikaners gevul sal kan word nie.

AfriForum en die TKAG sal die regering en die internasionale maatskappye in samewerking met ander organisasies moniteer om te verseker dat die regte van Suid-Afrikaners en die land se omgewing beskerm word.

Gemeenskapslede kan die AfriForum en die TKAG-alliansie ondersteun deur ’n SMS met die woord “Fracking” na 45354 te stuur. Elke SMS kos R1.


[Video] Trane, blydskap ná Panayiotou-uitspraak

$
0
0

‘n Skermskoot uit die video

Jayde se familie en ondersteuners het Donderdag regter Dayalin Chetty se uitspraak in die Panayiotou-moord in die hooggeregshof in Port Elizabeth met ʼn handeklap toegejuig.

ʼn Video van die familie en lede van die Justice for Jayde-groep wys hoe dié groepe hande klap nadat die uitspraak gelewer is.

ʼn Ander video, wat ook tydens die uitspraak geneem is, wys Panayiotou en sy medebeskuldiges se somber uitdrukkings en ook die hartseer uitdrukkings van Panayiotou se familie.

Chetty het Christopher Panayiotou en Sinethemba Nenembe Donderdag skuldig bevind aan moord. Zolani Sibeko is skuldig bevind op ʼn aanklag van sameswering tot moord. Panayiotou is verder ook skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg, terwyl Nenembe skuldig bevind is aan roof met verswarende omstandighede.

Jayde is op die oggend van 21 April 2015 buite die Stellen Glen-kompleks in Kabegapark ontvoer waar sy gestaan en wag het vir ʼn saamrygeleentheid werk toe. Haar liggaam is die volgende dag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind. Sy is drie keer geskiet, twee keer in haar rug en een keer in haar kop.

Die staat het aangevoer Panayiotou was die meesterbrein agter sy vrou se moord en dat hy vir Luthando Siyoni betaal het om huurmoordenaars te kry om Jayde te vermoor. Volgens die staat het Nenembe vir Sizwe Vumazonke gehelp om die moord uit te voer. Sibeko het ook ʼn rol in die uitvoering van die moord gespeel.

Dié uitspraak voltooi ʼn marathon-verhoor wat meer as ʼn jaar gelede begin het en waartydens 58 getuies geroep is.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

Man sterf toe hy van verkeersbeamptes vlug

$
0
0

Foto: Verskaf

ʼn Motoris het gesterf nadat hy Donderdag beheer oor sy voertuig verloor het toe hy na bewering probeer het om van verkeersbeamptes te vlug.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het gesê die voorval het omstreeks 12:00 tussen Mbombela (Nelspruit) en Machadodorp gebeur.

Volgens Mabuza het verkeersbeamptes probeer om ʼn BMW-bestuurder voor te keer omdat hy die spoedperk oorskry het. “In plaas daarvan dat hy stilgehou het, het hy weggejaag op die Schoemanskloofpad, met die verkeersbeamptes agter hom aan. Die bestuurder het teen ʼn vragmotor gebots wat voor hom gery het en gevolglik beheer oor die voertuig verloor,” het Mabuza gesê.

“Die voertuig het aan die kant van die pad opgeëindig. Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.”

Malema: ‘Die ANC is bang vir wit mense’

$
0
0

Julius Malema, leier van die EFF, spreek sy ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria toe (2 November 2017). Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag na Fikile Mbalula, minister van polisie, en die SAPD gekap omdat hulle nie die afgelope Maandag streng opgetree het teen duisende betogers wat paaie afgesper het in protes teen plaasmoorde nie.

Malema het ʼn skare van sy ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria toegespreek nadat die EFF ʼn optog in Pretoria gehou het. Volgens Malema is die ANC “bang vir wit mense”.

“Die nuttelose minister van polisie het niks gedoen nie, selfs nie toe die wittes ons [op Swart Maandag] ontwrig het nie. Weet julle hoekom? Want die ANC is bang vir wit mense. Die ANC is bang vir Israel, die ANC is bang vir Afrikaners. Die regime van die EFF sal nooit bang wees vir ʼn wit mens nie. Die polisie hier is opgelei om wit mense te respekteer. Wanneer hulle ʼn wit man sien, is dit die baas. Maar hulle sal ’n swart man sleg behandel wanneer swart mense niks doen behalwe vir hul regte baklei nie,” het Malema gesê.

EFF-ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria (2 November 2017). Foto: ANA/Jonisayi Maromo

“Dit is hoe hulle geleer is. Hulle kollegas [gee hul opdrag] om witheid te respekteer. Julle is lafaards in uniform. Dit moet nie saak maak of ʼn oortreding deur ʼn wit mens of ʼn swart mense begaan is nie, almal van ons moet die wet respekteer.”

Die betoging deur die EFF na die Israelse ambassade is gereël in solidariteit met die mense van Palestina. Honderde EFF-ondersteuners is in busse na die ambassade aangery.

“Julle moet ophou kortsigtig wees. Julle moet Palestina selfs van hier af sien. Kinders word doodgemaak. Vroue word met bomme gegooi. Soldate het daardie plek beset. Selfs al is jy nie ʼn Palestyn of ’n Jood wat Palestina wil besoek nie, jy is onderhewig aan groot teistering deur Israel,” het Malema gesê.

Verskeie lede van die SAPD en die Tshwane-metropolisie was Donderdag aanwesig om die betogers te monitor. Malema het die polisie veroordeel dat hulle nie op Swart Maandag “ingegryp het” toe talle snelweë afgesper is nie.

Hy het ook verwys na sommige betogers wat na bewering die ou Suid-Afrikaanse vlag tydens die betogings vertoon het. “Hoekom het hulle ‘Die Stem’ gesing, hoekom het hulle die apartheidsvlag saamgebring?”

Bakkie beland in swembad

$
0
0

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het matige beserings opgedoen nadat hy met sy voertuig deur ʼn huis se muur in Hamberg, Roodepoort, gejaag en in die swembad opgeëindig het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net na 16:00 na die toneel ontbied. Daar het hulle die motoris aangetref wat op die toneel rondloop.

“ʼn Bakkie was heeltemal onder die water van die huis se swembad. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy veelvuldige snye en kneusplekke opgedoen het, asook ʼn vermoedelike handbesering,” het Vermaak gesê.

Volgens Vermaak het die motoris glo uitgeswaai vir ʼn aankomende voertuig, beheer oor die bakkie verloor en deur die muur geploeg. Hy is na die Life Flora-kliniek geneem vir mediese behandeling.

Die Johannesburgse Metropolisie was op die toneel.

Foto: ER24

Bylmoorde: Hof hoor ‘hond sou nie blaf nie’

$
0
0

Henri van Breda in die hof. Foto: Catherine Rice/ANA

Henri van Breda het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig die gesin se hond, Sasha, sou nie vir inbrekers geblaf het nie.

Van Breda het tydens kruisondervraging aan die hof gesê Sasha was “die teenoorgestelde van ʼn waghond” en het nie vir vreemde geluide geblaf nie. Susan Galloway, senior staatsaanklaer, het dit egter aan die hof gestel dat volgens bewyse wat vroeër in die verhoor gehoor is, Sasha wel vir Precious Munyongani, die Van Breda’s se huishulp, geblaf het wanneer sy by die huis in die De Zalze-landgoed in Stellenbosch aangekom het.

Van Breda het verduidelik dit is omdat Munyongani met haar gespeel het en dat Sasha vir geluide geblaf het “wat vir haar opwindend was”. Hy het gesê hy kan nie onthou dat die hond geblaf het die aand toe minstens een inbreker die huis betree en sy ouers en ouer broer vermoor en sy jonger suster, Marli, erg met ʼn byl aangeval het nie.

Volgens Van Breda se weergawe van die gebeure het hy sy bewussyn verloor, maar hy sê hy kan nie onthou dat die hond voor dit geblaf het nie.

Van Breda ontken skuld op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van dwarsboming van die gereg. Hy beweer sy drie gesinslede is op 27 Januarie 2015 vermoor deur ʼn inbreker met ʼn byl en mes. Marli, toe 16 jaar oud, het die aanval oorleef, maar ly aan geheueverlies en kan niks van die aand onthou nie.

Die staat beweer Van Breda het die aanval uitgevoer en sy eie geringe wonde self toegedien om dit te laat lyk asof hy ook ʼn slagoffer van die aanval was.

Galloway het Donderdag gesê sy vind dit vreemd dat, indien daar meer as een aanvaller was soos in Van Breda se pleitverduideliking beweer word, net een na die boonste verdieping van die huis, waar die gesin geslaap het, gegaan het. Sy het gevra: “Het die aanvaller in geen stadium om hulp geroep nie?”

“Nee,” het Van Breda geantwoord. Dit is ondanks die feit dat Martin van Breda glo in sy seuns se slaapkamer ingestorm het toe Rudi aangeval is.

Die huis in die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch waar lede van die Van Breda-gesin op 26 Januarie 2015 met ‘n byl vermoor is (Foto: Maroela Media)

Galloway het dit aan Van Breda gestel dat ander inbrekers die huis sou leeg gedra het, maar tog is niks tydens hierdie inbraak gesteel nie. “Is dit nie vreemd dat hulle deur al die moeite sal gaan om in julle huis in te kom, jou gesin dood te maak – behalwe vir jou – en dan nie ʼn enkele ding roof nie, nie eens ʼn selfoon of jou ma se handsak nie?”

Van Breda het saamgestem dit is vreemd, tensy hy die inbrekers “onderbreek het”.

Galloway het dit aan die hof gestel dat polisiebeamptes wat op die toneel was meen die huis was “baie netjies” en dat dit nie gelyk het of daar ingebreek is nie. Sy het gesê kapt. Nicholas Steyn is na die huis ontbied vanweë van Breda se beskrywing van ʼn inbreker met ʼn balaklawa. Steyn het die balaklawa-bende ondersoek wat in dié tyd agter ʼn vlaag huisbrake in die gebied was.

Hy het vroeër in die verhoor getuig daar was geen tekens van gedwonge toegang by die Van Breda-huis nie en die huis is ook nie omgekeer soos met die meeste huisbrake nie.

Galloway het gesê hoewel ʼn kas en laaie in Martin se studeerkamer oop was, was dit nie deurmekaar nie. “Dit het ook nie gelyk of iemand deur die laai gekrap het nie.”

Van Breda het aan die hof gesê nadat die inbrekers van die huis gevlug het, het hy nie deur die huis gegaan om te kyk of almal weg is nie. Toe hy gevra is of hy nie bang was dat hulle nog daar kon wees nie, het hy geantwoord: “Nee, ek was besig om van erge trauma te herstel.”

Die verhoor het verdaag tot Maandag.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

Doodsklok lui vir ‘The Times’ se gedrukte weergawe

$
0
0

Die Tiso Blackstar-groep, voorheen bekend as Times Media, het bekend gemaak dat hulle tans ʼn herstruktureringsproses ondergaan wat na verwagting personeel by sy gedrukte en digitale publikasies sal beinvloed.

Daar is tans 1 054 mense werksaam by dié maatskappy.

Volgens Andrew Gill, besturende direkteur, sal personeel met die nodige kwalifikasies, vaardighede en kennis se poste behou word. Hy het die aankondiging in ʼn brief wat aan alle personeel gestuur is bekend gemaak.

“Die maatskappy se mediavleuel is onder baie druk as gevolg van ʼn swak ekonomiese klimaat en ʼn afname in die bedrag wat aan advertensies bestee word deur adverteerders in die openbare en privaat sektor. Daar is ook ʼn afname in verbruikersspandering,” het Gill gesê.

Dit het volgens hom gelei tot laer sirkulasiegetalle.

Hy het benadruk dat The Times se gedrukte publikasie, wat in 2007 op die been gebring is, in die afgelope drie jaar nie winsgewend presteer het nie, ondanks “verskeie veranderinge aan die besigheidsmodel in die afgelope drie jaar”.

Gill het gesê die bestuur van die maatskappy het die moontlikheid oorweeg van ʼn daaglikse digitale uitgawe in ʼn nuwe formaat wat van internasionale suksesvolle modelle gebruik maak.

Hy het bygevoeg dat redaksionele integriteit en die strewe na uitnemendheid steeds die hoeksteen van ʼn suksesvolle media-maatskappy is.

Volgens Gill het die bestuur aangedui dat The Times as ʼn gedrukte produk nie meer in sy huidige formaat kan voortbestaan nie. “Die maatskappy stel voor die gedrukte weergawe van The Times word gestaak en dat dit vervang word met ʼn produk wat slegs digitaal is.”

Gill het aangedui dat hy onseker is oor hoeveel personeel beïnvloed gaan word, maar dat die afleggingsproses teen 31 Januarie 2018 afgehandel sal wees. Volgens hom is daar reeds agt personeellede in die afgelope 12 maande afgelê.

Die eerste konsultasievergadering sal op 8 November gehou word.

Verdagte sterf ná Ficksburg-plaasaanval

$
0
0

Arend Corbett en sy vrou, Sanette. Foto: Facebook

Een van die vermeende aanvallers wat na bewering Donderdag by ʼn plaasaanval in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat betrokke was, is in ʼn hospitaal dood.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte was een van twee verdagtes wat erg beseer was toe hulle deur boere in die omgewing aan die polisie oorhandig is. Die twee verdagtes is na die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem geneem, waar een van hulle aan sy beserings beswyk het. Die ander een is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig ʼn jong plaasbestuurder en ʼn plaaswerker is omstreeks 17:30 op die plaas Mooiplaas deur vyf aanvallers oorval. Die boer is intussen as Arend Corbett (26) geïdentifiseer en die werker as Lenyara Tsotetsi.

ʼn Nooddienshelikopter neem Corbett na ‘n hospitaal. Foto: Verskaf

Volgens Mbambo het Corbett en Tsotetsi by die huis op die plaas aangekom nadat hulle by die buurplaas was. “Die twee is glo deur vyf onbekende mans gekonfronteer. Die verdagtes het hulle glo opdrag gegee om nie uit die voertuig te klim nie, maar die slagoffer het hom teëgesit en hulle gekonfronteer,” het Mbambo gesê.

“ʼn Struweling het ontstaan en [Corbett] is na bewering in die voorkop geskiet, terwyl die plaaswerker met ʼn mes gesteek is toe hy homself probeer verdedig het. Hy kon daarin slaag om weg te hardloop. Die verdagtes het besef hy gaan hulp ontbied en het in verskillende rigtings in die berge in gevlug.”

Volgens Mbambo het ʼn rewolwer op die toneel agtergebly toe die verdagtes gevlug het. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en twee verdagtes is vasgetrek. Hulle is met ernstige beserings aan die polisie oorhandig. Die drie ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Corbett is per helikopter in ʼn ernstige toestand na die Mediclinic Bethlehem geneem. Dit is nie duidelik hoe ernstig Tsotetsi beseer is nie.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek in verband met die aanval. Nog ʼn saak van moord is aanhangig gemaak in verband met die dood van die beweerde verdagte.

Die aanval op Mooiplaas kom kort nadat Barry Baars se liggaam Dinsdagoggend met ʼn skietwond aan sy ken in sy huis aangetref is op die Daspoort-plaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat. Mbambo het bevestig ʼn vroulike werker op die plaas is intussen deur die polisie ingeneem vir ondervraging, aangesien sy die laaste persoon was wat saam met Baars gesien is.


Donkie veroorsaak gru-botsing; 12 sterf

$
0
0

Argieffoto: Twitter via @_ArriveAlive

Altesaam 12 mense is Donderdagaand in ʼn gru-ongeluk in Limpopo dood.

Thabiso Teffo, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, het gesê ʼn noodlottige ongeluk het omstreeks 21:30 op die N1 by Botlokwa naby die Caltex-vulstasie in die Capricorn-omgewing plaasgevind.

ʼn Toyota Quantum-minibustaxi het glo ʼn donkie getref, beheer verloor en trompop teen ʼn vragmotor gebots, waarna die taxi aan die brand geslaan het.

Elf insittendes, waaronder die bestuurder, is op die toneel dood. Drie passasiers is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem waar een van hulle later gesterf het.

“Vier mense se liggame was in die taxi se wrak vasgekeer en moes deur nooddienswerkers uitgesny word. Hulle is onherkenbaar verbrand. Die ander sewe liggame is buite die taxi aangetref,” het Teffo gesê.

Die vragmotorbestuurder het geringe tot matige beserings opgedoen.

Makoma Makhurupetje, LUR vir vervoer en veiligheid, sal Vrydagoggend die twee hospitale besoek waar die beseerdes behandel word. Makhurupetje het haar innige meegevoel met die oorledenes se familie betuig.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die dodetal bevestig en gesê die Botlokwa-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

 

Nuuskommentaar: Zuma dreig met ou koeie van korrupsie

$
0
0

Pres. Jacob Zuma tydens sy antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Om die aandag weg van hom te fokus, dreig pres. Jacob Zuma nou dat hy wel ’n kommissie na staatskaping sal aanstel, maar een wat nie net nuwe korrupsie sal ondersoek nie, maar ook korrupsie uit die vorige bedeling.

Terwyl die swaard van staatskaping oor pres. Jacob Zuma se kop bly hang, hou hy aan om dit weg te waai asof dit ’n orige vlieg is, in plaas van ’n rooi perdeby. Tydens sy laaste vraesessie van die jaar in die parlement het hy ’n baie ou troef gespeel – hy sal korrupsie deur ’n kommissie van ondersoek laat ondersoek, maar dit tot voor 1994 laat terugstrek, “en diegene wat nou ’n ondersoek na staatskaping najaag, sal spyt wees”.

Dat daar korrupsie in die ou bedeling was, is ongetwyfeld so. Een minister het tronkstraf uitgedien, ’n ander se aspirasies om premier te word het in die stof gebyt toe onthullings gemaak is oor sy (beweerde?) betrokkenheid by ’n besproeiingskema. Van die aksies wat nou gewoon as korrupsie uitgewys word, was gesanksioneerde strategiese handelinge om die impak van ’n gesofistikeerde aanslag die hoof te bied.

Hoeveel skade aangerig kan word as ’n kommissie met ’n soortgelyke gedienstigheid as dié wat die wapenskandaal moes ondersoek, op die been gebring word, kan slegs bespiegel word. ’n Aantal jare gelede het die ANC ministers as deel van sy propaganda-aanslag “verplig” om gereeld tydens toespraakgeleenthede te verwys na die “vreeslike omvang” van korrupsie onder die vorige bedeling. Dit is vermoedelik hierna wat Zuma verwys.

Die teruggryp na ou koeie is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Terwyl daar skynbaar vordering is in die bewerings dat pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog deur Russiese inmenging bevoordeel is, is daar nou ook vordering in ’n ondersoek dat Hillary Clinton se veldtog ook deur die Russe bevoordeel sou word. In 2010, toe sy minister van Buitelandse Sake was, het sy glo 20% van die VSA se uraan aan Rusland gegee in ruil vir $145 miljoen se skenking aan die Clinton-stigting.

Dié kommissie van pres. Zuma sal boonop ’n leeftyd hê van so lank as wat die publiek voel dis nodig om korrupsie te ondersoek. Die implikasie is dat die bewindstye van oud-presidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki ook onder die loep sal kom.

Pres. Jacob Zuma tydens sy antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die kommissie sal ’n aanvang neem sodra sy hofaansoek oor die staatskapingsverslag afgehandel is. Dit handel daaroor dat hy volgens die grondwet kommissies en hul voorsitters moet aanwys, maar dat die openbare beskermer in hierdie geval gelas het dat die hoofregter die voorsitter moet nomineer wat Zuma dan moet aanstel. Die vorige OB het stellig die debakel van die wapenskandaal in die oog gehad toe sy dié bepaling in haar verslag ingeskryf het.

Die boodskap is duidelik – net so min as wat die publiek kon hoop dat die wapenskandaal-kommissie die wapenskandaal sou oopvlek en openbare kennis maak, net so min wil Zuma dat ’n kommissie oor staatskaping naby aan sy bas kom. Dit verskerp die belangrikheid van ondersoeke deur ondersoekende joernaliste, veral dié wat die ondankbare taak het om deur vragte gelekte e-posse te werk om die swerm rooi perdebye los te laat wat al om Zuma se kop vlieg, en wat hy bloot met ’n armswaai probeer verwilder. Druk om nie net van Zuma ontslae te raak nie, maar ook van die katnes van belangeboeties, sal klaarblyklik buite-om gewone parlementêre bedrywighede en versienings moet geskied.

Dié ondersoeke word nou ook aangehelp deur buitelandse inisiatiewe wat Peter Heine nou in Europa inisieer. Voorts bekyk die FBI ook hoe die Gupta-kwessie na die VSA kon oorgespoel het, en neefs van die Guptas – ook Guptas – in die VSA betrokke sou kon wees.

En Zuma is ’n ou politieke jakkals.

Sy intelligensiedienste het stellig belangriker werk om te doen as om nou ou koeie op te grawe en deur die bleek gebeentes na korrupsie van toet te soek.

Die ANC het immers nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak.

Oscar Pistorius-appèl: ‘Dit kan presedent skep’

$
0
0
Oscar Pistorius murder trial

Oscar Pistorius tydens sy verhoor. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Die appèlhof in Bloemfontein sal vandag hoor hoekom die staat meen Oscar Pistorius moet ʼn langer vonnis opgelê word.

Pistorius, ʼn Olimpiese en Paralimpiese atleet, is ses jaar tronkstraf opgelê vir die moord van sy meisie Reeva Steenkamp op Valentynsdag vier jaar gelede. Die aanvanklike aanklag van strafbare manslag is later deur die appèlhof na moord verander.

Tog blyk dit of die staat steeds nie tevrede is dat Pistorius ʼn streng genoeg straf opgelê is nie. Die vonnis wat deur die Noord-Gautengse hooggeregshof opgelê is, is uit sommige oorde skerp gekritiseer en as “skokkend lig” beskryf.

Regskenners meen die staat se kanse om ʼn swaarder vonnis vir Pistorius te bekom, kan beslis geslaagd wees. Hulle voer aan regter Thokozile Masipa moes in hierdie saak ook die voorgeskrewe minimumvonnis van 15 jaar vir moord as vertrekpunt vir vonnisoplegging gebruik het.

Dr. Llewellyn Curlewis, regskenner en voormalige president van die Prokureursorde van Suid-Afrika, het gesê hy sal graag wil sien dat regsekerheid rondom die aangeleentheid bevestig word. “Dit is vir my jammer dat ʼn persoon soos Oscar Pistorius nou die slagoffer geword het van hierdie regsdebat rondom minimum strawwe en vonnisoplegging.

“Daar is simpatie wat vir hom bestaan en ek dink die oorgrote meerderheid van die samelewing wil tans graag sien dat hy ook nou vir eens en altyd kan aangaan met sy lewe.”

Curlewis reken die appèlhof mag dalk vanuit die perspektief meen dat finaliteit in die aangeleentheid gekry moet word sodat Pistorius kan aangaan met sy lewe.

“Maar dit sal nie goed wees vir regspraak nie, want dan beteken dit dat ons nou ’n saak het waar die hoogste hof van appèl gesê het dit is reg om iemand dood te maak en dan net ses of sewe jaar tronkstraf daarvoor te kry. Ek is bang daar word ʼn regspresedent geskep waarmee ons dalk in die toekoms nie meer wil saamleef nie,” het Curlewis bygevoeg.

Volgens Adriaan Janse van Rensburg, ʼn senior vennoot by Phatshoane Henny Groep in Bloemfontein, moet Suid-Afrikaners egter nie verwag dat Pistorius reeds vandag al ʼn swaarder vonnis opgelê sal word nie.

“Ek glo nie Oscar sal vandag al gevonnis word nie, die hof sal slegs argumente aanhoor en uitspraak voorbehou tot ʼn latere stadium,” het Janse van Rensburg gesê.

Die appèlsaak word na verwagting om 10:00 Vrydagoggend in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

DBO reageer ná merkriglyne op sosiale media beland

$
0
0

Argieffoto.

Die departement van basiese onderwys (DBO) het Donderdag gesê daar is geen rede om die integriteit van die eerste Wiskunde-matriekeindeksamenvraestel in twyfel te trek nie.

Dit kom ná verskeie weergawes van die nasienriglyne wat verband hou met dié eksamenvraestel op sosiale media versprei is.

“Die DBE wil graag kandidate inlig dat dit nie gesien moet word as dat die integriteit van die vraestel in gedrang gebring is nie,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Mhlanga het gesê die vraestel is op 27 Oktober geskryf en die nasienriglyne is – soos die gebruik is – ʼn paar uur ná die vraestel openbaar gemaak. ʼn Paar matrikulante was glo laat vir die vraestel as gevolg van die Swart Maandag-optogte in Tshwane.

“Hoofmerkers en interne moderators is versoek om die standaard van die vraestel en die nasienriglyne te evalueer en hul insae te gee gebaseer op ʼn steekproef van die vraestelle wat deur hulle gemerk sal word,” het Mhlanga gesê.

Volgens die departement word dit gedoen ter voorbereiding van die nasionale nasien-standaardiseringsvergadering wat gehou sal word waar nasienriglyne gefinaliseer sal word.

Onderwysers moes ook die antwoorde uitwerk om die regverdigheid en moeilikheidsgraad van die vraestel vas te stel. Mhlanga het laat hoor dat onderwysers glo nadat hulle hierdie riglyne opgestel het, dit op verskeie sosiale media platforms geplaas het waar die publiek toegang daartoe gehad het.

Die DBE het gesê op ʼn paar van die weergawes van die nasienriglyne wat versprei word, is daar kommentare opgeskryf wat bevestig dat dit deel was van ʼn gespreksdokument wat bymekaar gesit word vir die nasien-standaardiseringsvergadering.

“Dit is onvanpas vir die dokumente om in die publiek beskikbaar te wees omdat die merkery nog nie begin het nie. Ons moet egter aandui dat die beskikbaarheid van die dokumente nie beteken die integriteit van die vraestel is in gedrang gebring nie.”

Die DBE het verder aangedui dat hulle die omstandighede wat tot die verspreiding van die dokumente gelei het sal ondersoek.

Kimberley-plaasaanval: Vrou ook vas

$
0
0
Die bekende Kimberliet, Piet Els, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest is op 23 Januarie op hul plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval.
Viewing all 56621 articles
Browse latest View live