Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

DA dien klag in oor besmette water

$
0
0

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die DA het Sondag gesê dat hy aanklagte teen die burgemeester van die Merafong City plaaslike munisipaliteit aan die Wesrand aanhangig gemaak het omdat inwoners aan besmette water blootgestel is.

“Die Demokratiese Alliansie (DA) het aanklagte teen Merafong burgemeester, Maphefo Mogale-Letsie, aanhangig gemaak vir die oortreding van Artikel 151 (i) en (j) van die Nasionale Waterwet, omdat hy Merafong se inwoners aan besmette en skadelike water blootstel,” het Ina Cilliers, Gautengse LP van die party, gesê.

Die hoofkragkabel na die Wedela afvalwateraanleg is in Mei gesteel, wat veroorsaak het dat 1.5 miljoen liter rou riool daagliks in die Leeuspruit en Klipdrift dam inspoel, het sy gesê. Die veiligheidsmaatskappy wat gekontrakteer is om die aanleg te beveilig, het hul dienste opgeskort omdat hulle nie deur die munisipaliteit betaal is nie. Die gevolg is dat duur toerusting by die aanleg gesteel is.

Die koste om die skade by die aanlag te herstel, is na raming R850 000, het Cilliers gesê.

“Die munisipaliteit het die kabel en kapasiteit gehad om die kragkabel te herinstalleer, maar sonder veiligheid by die aanleg, sal die oefening tevergeefs wees. Terwyl burgemeester Mogale-Letsie terugsit en toelaat dat die situasie buite beheer raak, word mense se lewens in ernstige gevaar gestel.”

Cilliers het gesê sy sal aan die LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, skryf om die saak dringend te ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images