Die 43-jarige vrou en haar seuns, onderskeidelik 16 en 19 jaar oud, is die afgelope naweek vir die 47-jarige man se dood in hegtenis geneem. Hulle het glo erken dat hulle beplan het om hom te vermoor en dat hulle hom uiteindelik verwurg het.
Die slagoffer, wat die grootste deel van sy lewe in Gauteng deurgebring het, het onlangs glo by sy oorlede ouers se huis opgedaag en probeer om sy suster uit die huis te skop. Hy het glo aangevoer hy is die regmatige hoof van die huis. Die suster het geweier en die man het sy saak voor die stamhof gebring wat in sy guns beslis het.
Volgens die plaaslike hoofman het die man se suster en haar twee seuns daarna beplan om hom te vermoor. Vroeër die maand het hulle na bewering sy hande vasgebind, hom verwurg en sy liggaam by die Magwa-valle tussen Lusikisiki en die Wildekus gestort.