Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Só lyk misdaadstatistieke per provinsie

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Moord het in sewe van die land se nege provinsies toegeneem met Gauteng en die Wes-Kaap wat die ergste deurloop. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het Dinsdag die jaarlikse misdaadstatistieke bekendgestel.

Gauteng:

In Gauteng het die aantal moorde met 10,4% toegeneem van 3 325 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 671 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het ook toegeneem. Kapings het met 13,4% toegeneem van 6 056 in die vorige boekjaar tot 6 867 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 47% toegeneem terwyl huis- en sakerooftogte ook skerp toegeneem het.

Vrystaat:

In die Vrystaat het die aantal moorde met 0,1% toegeneem van 942 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 943 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en huisroof het volgens die polisie afgeneem. Kapings het met 5,9% toegeneem van 255 tot 270 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 25,4% toegeneem terwyl transitorooftogte met 125% toegeneem het.

Oos-Kaap:

In die Oos-Kaap het die aantal moorde met 3,5% afgeneem van 3441 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 na 3321 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede en huisroof het volgens die polisie ook afgeneem. Vragmotorkapings en transitorooftogte het volgens die polisie egter met onderskeidelik 9,7% en 25% togeneem. Huisrooftogte het van 2 441 in die vorige boekjaar tot 2 474 toegeneem in die afgelope boekjaar.

KwaZulu-Natal:

In KwaZulu-Natal het die aantal moorde met 5,4% toegeneem van 3 616 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 810 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en veediefstal het ook toegeneem. Kapings het met 3,2% afgeneem van 2 262 in die vorige boekjaar na 2 190 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 37% toegeneem.

Limpopo:

In Limpopo het die aantal moorde met 6,7% toegeneem van 728 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 777 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van roof met verswarende omstandighede het met 18,6% van 5 163 in die vorige boekjaar tot 6 123 in die afgelope boekjaar toegeneem. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die getal rooftogte het ook toegeneem. Kapings het met 38,6% toegeneem van 249 in die vorige boekjaar tot 345 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings het met 107,7% toegeneem terwyl transitorooftogte met 28,6% toegeneem het. Huisrooftogte het met 16,4% toegeneem.

Mpumalanga:

In Mpumalanga het die aantal moorde met 3,1% toegeneem van 806 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 831 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van roof met verswarende omstandighede het met 7,7% toegeneem terwyl voorvalle van poging tot moord en seksuele misdade afgeneem het. Brandstigtingvoorvalle het met 11,9% toegeneem van 260 in die vorige boekjaar tot 291 in die afgelope boekjaar. Kapings het met 41,8% toegeneem van 359 tot 509 voorvalle. Transitorooftogte het ook skerp toegeneem.

Noordwes:

In Noordwes het die aantal moorde met 3,5% toegeneem van 824 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 853 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord en seksuele misdade het egter afgeneem. Voorvalle van roof met verswarende omstandighede het met 10,5% toegeneem van 5 409 in die vorige boekjaar tot 5 977 in die afgelope boekjaar. Huis- en sakerooftogte sowel as veediefstal het toegeneem. Kapings het met 14,9% toegeneem van 242 in die vorige boekjaar tot 278 in die afgelope boekjaar.

Noord-Kaap:

In die Noord-Kaap het die aantal moorde met 5,5% afgeneem van 437 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 na 413 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het toegeneem. Huisrooftogte het toegeneem met 11,8%. Kapings het egter skerp afgeneem met 46,4% van 28 kapings in die vorige boekjaar na 15 in die afgelope boekjaar.

Wes-Kaap:

In die Wes-Kaap het die aantal moorde met 9,7% toegeneem van 2 904 in die tydperk April 2013 tot Maart 2014 tot 3 186 in die tydperk April 2014 tot Maart 2015. Gevalle van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede het ook toegeneem. Gevalle van brandstigting het met 20,5% toegeneem van 649 in die vorige boekjaar tot 782 in die afgelope boekjaar. Kapings het met 60% toegeneem van 956 in die vorige boekjaar tot 1 530 in die afgelope boekjaar. Vragmotorkapings en sakerooftogte het ook toegeneem.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!