Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Malema: ‘SA het ʼn revolusie op hande’

$
0
0

Julius Malema. Foto: ANA

Julius Malema. Foto: ANA

Suid-Afrika is ʼn mislukte staat wat afstuur op ʼn linkse revolusie, het Julius Malema Dinsdag gesê.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het by ʼn vergadering met die Amerikaanse Kamer van Koophandel gesê die regering is nie in staat om direk dienste te lewer nie en daarom steun dit swaar op tenderverkryging wat korrupte politici ryk maak.

“Daar is geen staatskapasiteit in Suid-Afrika nie; ons is ʼn mislukte staat. Ons kontrakteer alles uit deur ʼn tenderstelsel, waaronder eenvoudige goed soos toiletpapier,” het Malema gesê.

“Kom ons kyk byvoorbeeld na slaggate. Dit vat nege maande om ʼn slaggat in hierdie land reg te maak. Hoekom? Want die regering laat eers daarvoor tender, bring besigheid in en dan glip ʼn politikus by die agterdeur in en kry ʼn stuk van die uitgekontrakteerde werk. Natuurlik is daar dinge wat ons moet uitbestee, maar daar is goed wat die regering self moet doen …”

Met verwysing na die ANC het Malema gesê die verlede het al bewys dat bevrydingsbewegings gekonfronteer word met ʼn nuwe politieke generasie wat op soek is na verandering. “Die geskiedenis het getoon dat ʼn bevrydingsbeweging wat meer as 30 jaar aan bewind is, gou irrelevant word. Die bevryders wat aan bewind kom, geniet die presidensiële paleise en al die voordele, weet niks van die ekonomie nie en vergeet van die arm massa,” het hy gesê.

“In daardie 30 jaar kom ʼn nuwe generasie na vore wat nie swig voor politieke retoriek nie. Nee, hulle het hul eie uitdagings, so hulle vorm ʼn politieke party en lig die bevryders uit hul magsposisie.”

Hy het gesê selfs al het die EFF nie bestaan nie, sou ʼn ander linkse party die lig gesien het.

Die land gaan ontplof deur ʼn revolusie van die mense, het Malema gesê. Hierdie patroon kan reeds in die land se universiteite waargeneem word deur die onlangse studentebetogings.

“Hierdie land sal eendag ontplof, want ons lewe ʼn leuen. Ons moet die hoofkwessie van eienaarskap regmaak, wat hoofsaaklik grond is. Die massa wat arm is, ly, terwyl die stelsel die elite en die politici bevoordeel. Die jaar 1976 [toe studente betoog het teen onderrig in Afrikaans] het so begin, met klomp voorvalle van betogings wat toe ontplof het.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!