
Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA
Min. Nathi Nhleko het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gesê kontakmisdaad soos moord, poging tot moord en verkragting het die afgelope jaar met 0,9% toegeneem terwyl kontakverwante misdaad met 1,9% toegeneem het.
Eiendomsverwante misdaad het met 0,8% afgeneem terwyl ander ernstige misdaad glo met 2,2% afgeneem het. Nhleko het gesê in die geheel was daar ’n afname in misdaad teen vroue en kinders, maar dit is steeds ’n probleem.
Nhleko het gesê misdaad, en veral geweldsmisdaad, is ʼn maatskaplike euwel en kan nie deur die polisie alleen opgelos word nie. “Ons gaan voort om geweld as ʼn kenmerk van ons maatskaplike vooruitsigte as Suid-Afrikaanse samelewing te hê.”
Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, lê intussen die jongste misdaadstatistieke aan die komitee voor.