Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Aardklop 2015: Groot name by vanjaar se Diskoers-gesprekke

$
0
0
Zwelinzima Vavi, Freek Robinson, Mmusi Maimane is almal te sien by Aardklop Nasionale Kunstefees 2015

Zwelinzima Vavi, Freek Robinson, Mmusi Maimane is almal te sien by Aardklop Nasionale Kunstefees 2015

Feesgangers van die Aardklop Nasionale Kunstefees kan solank hul tande slyp vir die immergewilde Diskoers-gesprekke waartydens Freek Robinson met bekendes soos Mmusi Maimane en Zwelinzima Vavi gaan gesels.

Freek Robinson, aanbieder van die aktualiteitsprogram Robinson Regstreeks en ankeraanbieder van eNuus op kykNET, is die gespreksleier vir die Diskoers-reeks.

Maroela Media is met trots die mediavennoot van dié reeks gesprekke. Tussen die kuier en plesier en kuns en vermaak, is dit iets wat jy nie moet misloop nie. Die sake wat bespreek word, is aktueel en van toepassing op elke Suid-Afrikaner en Afrikaanssprekende.

Die Diskoers-gesprekke vind elke oggend om 08:30 tussen 6 en 9 Oktober by die ATKV Boeke-oase plaas en word gratis aangebied.

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Gaan ʼn blou golf die munisipale verkiesings tref?
Dinsdag, 6 Oktober
08:30
ATKV Boeke-oase

’n Indringende gesprek met die nuwe DA-leier, Mmusi Maimane. Kan die jong leier die opposisie tot ’n groter kiesersbasis lei waar kleur minder van belang is? Sy groot toets gaan aanstaande jaar se munisipale verkiesings wees met die DA wat mik om die ANC in groot metropole te onttroon. En Potchefstroom gaan selwers ’n groot verkiesingsgeveg afgee.

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi

Die vakbondwese in onstuimige vaarwater: is die vooruitsig vir die land redding of rampspoed?
Woensdag, 7 Oktober
08:30
ATKV Boeke-oase

Die vakbondwese is in rep en roer. Ná die breekspul in Cosatu is daar ’n sterker beweging na links en radikale sosialisme. Die ANC kan vir die eerste keer sedert 1994 nie staatmaak op die werkerstem nie. Daarby gebruik vakbonde hul spierkrag om kapitalisme te vernietig. Maar wat hou dit in vir ’n reeds strompelende ekonomie? Met onder andere Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, en Flip Buys, voorsitter van Solidariteit.

Dr Michael le Cordeur

Dr Michael le Cordeur

Word moedertaal in skole vermoor of is net Afrikaans onder skoot?
Donderdag, 8 Oktober
08:30
ATKV Boeke-oase

Die staat het ’n doelgerigte veldtog teen enkelmedium- Afrikaanse skole om hulle taalbeleid te verander. Die staat het trouens ’n anti-Afrikaanse agenda en wil van Afrikaanse skole ontslae raak. Só sê Solidariteit tydens ’n sogenaamde krisisberaad in Pretoria vroeër vanjaar. Intussen moet sprekers van ander inheemse tale reeds van vroeg af in die enkele nie-inheemse taal, Engels, onderwys kry. Kenners is dit eens dat moedertaalonderwys die beste manier is om onderwys te verbeter. Moet die voordeel vir almal ontsê word weens die regering se opgekropte wrewel jeens die “apartheidstaal”? Met onder andere dr. Jaco Deacon, adjunk- uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), en dr. Michael le Cordeur, akademikus van Stellenbosch Universiteit en lid van die direksies van die Afrikaanse Taalraad (ATR), Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die ATKV.

Alana Bailey

Alana Bailey

Jou monument en my museum: het ons ʼn gedeelde erfenis of is daar dele wat onherroeplik met apartheid besmet is?
Vrydag, 9 Oktober
08:30
ATKV Boeke-oase

Dit het begin met die gooi van ontlasting op die standbeeld van Cecil John Rhodes aan die begin van die jaar. Gou brei dit uit na die skending van standbeelde oral – veral dié met verbintenisse aan die koloniale en apartheidtyd. In Afrikaner-geledere is die vrees dat erfenissimbole na konsentrasie-bergplekke verwyder gaan word. Is daar ’n middeweg om simbole te behou sonder om aanstoot te gee? Met onder andere prof. Louis Changuion, historikus en skrywer, en Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!