Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man sterf toe motor hom teen trok vaspen

$
0
0

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Die bestuurder van ʼn insleepvoertuig is Sondagoggend dood toe ʼn motor in die toneel ingeploeg het waar hy besig was om ʼn motor op ʼn insleepvragmotor te laai.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op die R64, ook bekend as die ou Kimberley-pad, in Bloemfontein gebeur.

“Die bestuurder van die insleepvragmotor het op die middelmannetjie gestaan en was besig om ʼn motor op die vragmotor te laai. ʼn Motor het skielik van die pad af geswenk en teen hom vasgejaag,” het Botha gesê.

Die vragmotorbestuurder is tussen die vragmotor en die motor vasgepen. Paramedici het lank gespook om die man, vermoedelik in sy vyftigs, op die toneel te stabiliseer. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy aan sy uitgebreide beserings beswyk het.

Die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word, het Botha gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621