Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Hawelose red Limpopo-man uit see

$
0
0
Thembinkosi Gqotso (regs) gee sy verklaring aan Maxwell van Wyk. Foto: Shane Fascio.

Thembinkosi Gqotso (regs) gee sy verklaring aan Maxwell van Wyk. Foto: Shane Fascio, ER24.

ʼn Hawelose man het Vrydagoggend die lewe van ʼn 38-jarige man van Limpopo gered nadat hy byna in die see by Seepunt in Kaapstad verdrink het.

“Ooggetuies het omstreeks 08:30 alarm gemaak nadat hulle gesien het hoe die man, wat ten volle geklee was, in die see voor die Protea Hotel meegesleur is,” het Bruce Davidson, stasiebevelvoerder van Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Bakoven, gesê.

Reddingswerkers van verskeie instansie is na die toneel ontbied.

Intussen het Thembinkosi Gqotso, die hawelose man wat in die omgewing van Queens Beach woon, gesien die man is in die moeilikheid. Hy het tot by die man geswem en hom terug strand toe gebring.

Davidson het gesê die man het mediese behandeling nodig gehad. Hy is op die toneel gestabiliseer en deur ER24 met ʼn ambulans na die New Somerset-hospitaal geneem vir behandeling van byna-verdrinkingsimptome en waarneming vir sekondêre verdrinking.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê Gqotso is ondersoek, maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie.

Davidson het gesê is dit nie duidelik hoe die man met sy klere aan in die see beland het nie. Hy is glo in Kaapstad vir ʼn konferensie.

Die NSRI en Seepunt se raadslid, Jacques Weber, het Gqotso geprys vir sy optrede.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!